Levubu-sakevrou se moordenaars kry lewenslank

Article By: Isabel Venter
Date: 23 July 2010

Article Vote Current Rating
The article has been Rated none stars

"Nou kan hulle niemand meer seer maak nie ..." So het me. Chantel Fogwell, dogter van die vermoorde mev. Ria Pretorius, gesê ná beide haar ma se moordenaars tot lewenslange gevangenisstraf in die Polokwane Hooggeregshof gevonnis is.

Mev. Pretorius, ´n bekende sakevrou van Levubu, se koelbloedige moord in Januarie 2007 het skokgolwe deur die Levubu en Louis Trichardt gemeenskappe gestuur.

Net twee weke na haar moord is Phophi Budeli Mudau (40) en Tshilangano Jeffrey Mudau (35) in hegtenis geneem, nadat hulle ook Idris Hussain en Ismael Patel van Dzanani met ‘n vuurwapen aangehou en beroof het. ‘n Groot bedrag geld en ‘n bakkie is buitgemaak.

Danksy knap speurwerk van die polisie is eers hulle en toe later ‘n derde medepligtige aangekeer.

Die derde rower, wat in die kriminele wêreld as Snowy bekendgestaan het, is egter deur die polisie doodgeskiet, nadat hy hom teen arrestasie verset het. Dit het later aan die lig gekom dat hy ook verbind is met die gewelddadige gewapende aanval op die Marcos-egpaar van Louis Trichardt.

Tydens die twee se hofverskynings het die verhaal ontvou hoe die twee, saam met Snowy, vooraf ooreengekom het om mev. Pretorius te beroof en dood te skiet.

Phophi, wat in die hof beskryf is as die meesterbrein van die bende, sou die slagoffer en perseel uitwys, terwyl Jeffrey die wegkom-motor sou bestuur en Snowy die wapens en ammunisie sou verskaf. Phophi was goed bekend met mev. Pretorius se Levubu Bottelstoor en het selfs ‘n rekening daar gehad.

Op 2 Januarie 2007 het hy en sy bende na die winkel gegaan onder die dekmantel dat hy sy rekening sou betaal. Hulle het toe gewag totdat mev. Pretorius die winkel verlaat om voorraad aan te koop en haar toe agternagesit.

Sowat 2km buite Louis Trichardt het hulle haar van die pad afgetrek, haar verskeie kere geskiet en met ‘n groot hoeveelheid kontant spore gemaak.

Phophi en Jeffrey het verskyn op twee klagte van roof met verswarende omstandighede, een klag van moord, twee klagte van die besit van ‘n onwettige wapen en een klag van die besit van onwettige ammunisie. Beide is Donderdag, 15 Julie skuldig bevind op al ses klagte en albei tot lewenslange (25 jaar) gevangenisstraf gevonnis. Die twee is ook elkeen ´n verdere 15 jaar gevangenisstraf opgelê op die klag van roof met verswarende omstandighede en nog drie jaar op die klag van die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Jeffrey is tot ‘n bykomende 15 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die klag van roof op die Patel-broers en drie jaar vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Phophi is nie gevonnis op hierdie twee klagte nie, omdat die hof nie kon bewys dat hy fisies daardie dag betrokke was by die roof nie.

Tydens sy uitspraak het Regter G. Webster gesê dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het en dat veral Phophi nie werklik berou getoon het vir sy dade nie en slegs berou getoon het toe hy wou onderhandel vir ´n ligter vonnis.


(21-03-03)
Kindermolesteerder tronk toe

'n Inwoner van die dorp en eienaar van 'n privaat grassnydiens, Cornelius Rudolph Koekemoer (37), is Woensdag in die Streekshof op Louis Trichardt gevangenisstraf van sewe jaar opgelê, nadat hy skuldig bevind is op ses klagte van onsedelike aanranding en een van crimen injuria. Die klagte het almal verband gehou met misdade teenoor dogtertjies tussen die ouderdomme van nege en elf jaar oor 'n periode van etlike jare.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(31-05-02)
Kindermolesteerders vir lang tydperke tronk toe

Knap speurwerk deur lede van die plaaslike Kinderbeskermingseenheid (KBE) het die afgelope maand daartoe gelei dat verskeie misdadigers vir baie lang tydperke tronk toe gestuur is.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(12-01-07)
Sakevrou koelbloedig doodgeskiet

Talle inwoners van die Soutpansberg se nuwejaarsfeesvieringe was van korte duur met die skoknuus van die koelbloedige moord op ‘n besigheidsvrou van Levubu, mev. Ria Pretorius.
Comments: 1
Rating: none    The article has been Rated none stars

(14-11-08)
Man wat niggie help skuldig aan moord

Richard Madoba (36) van Mokomene is op 5 November in die streekhof op Louis Trichardt skuldig bevind aan moord. Sy mede-aangeklaagde, ‘n niggie van hom, is vroeër vrygelaat op dieselfde klag.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

(05-03-10)
Agt jaar vir vatterige pa

‘n Voormalige inwoner van die dorp, Willem Botha (39), is verlede Woensdag in die Streekhof op Louis Trichardt gevangenisstraf van agt jaar opgelê, nadat hy skuldig bevind is op ‘n klag van onsedelike aanranding.
Comments: 0
Rating: none    The article has been Rated none stars

 

 

No additional Photos attatched to this article

 

 

 

 


No additional Files attatched to this article

 

 

 

 
Opinion Poll

Businesses in Louis Trichardt CBD are upset over loss of revenue during the recent Air Force parade in town. Do you think they are overreacting?