Hengelkompetisie

From: 29 October 2016

Location: Plaas Stubbs en Mons, Mopane

Details:

Die diakonie van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente bied op 29 Oktober weer hul gewilde jaarlikse hengelkompetisie aan as fondsinsamelingsprojek vir die gemeente aan.

Vanjaar sal die kompetisie op die plaas Stubbs en Mons (Mopane) van mnr. Neels van der Merwe aangebied word. Dit is weer ‘n drie-spesie kompetisie, wat insluit karp, kurper en baber met pryse te wen vir die swaarste drie visse in elke kategorie. Die prysgeld beloop R1000 as eerste prys vir elk van die swaarste in elke spesie, R500 as tweede prys en R300 as derde prys.

Belangstellendes kan oudergewoonte vooraf inskryf, of die dag van die kompetisie by die ingang na die plaas. Daar sal net in die “groot” dam gehengel word en geen bote sal toegelaat word nie.

Deelname aan vanjaar se kompetisie kos R150 per volwassene en R100 vir kinders jonger as 12 jaar.

Vir meer inligting, skakel Andries by tel. 082 603 2419.

Contact Person: Andries

Tel: 082 603 2419

Upcoming events

Vetkoekverkoping
Where: Boababstraat 57
Start: 05 Apr  (11:30 AM)
Conway Rugbydag
Where: Louis Trichardt Rugbyklub
Start: 06 Apr  (08:00 AM)
SPCA Craft & Farmers’ Market
Where: Spca Louis Trichardt
Start: 06 Apr  (09:00 AM)
End:  06 Apr  (14:00 PM)
Sing-saam aand
Where: Zoutpansberg CVO
Start: 12 Apr  (18:00 PM)
Munnik Meerkat
Start: 20 Apr
Visvangkompetisie
Where: Plaas Stubbs en Mons, Mopane
Start: 20 Apr  (05:00 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford
Start: 15 May