ADVERTISEMENT:

 

Goeie begin vir Triegies se wintersportseisoen

- Date: 13 March 2015

Written by: News Correspondent / Viewed: 9120

Search for a story:

Louis Trichardt Hoërskool het die afgelope naweek geseëvier met hul eerste wintersport kragmetings.

Die naweek se sport is voorafgegaan deur ‘n spoggeleentheid Vrydag by die skool, waartydens al die eerstespanne vir rugby, netbal en hokkie aangekondig is.

Saterdag het al die spanne te staan gekom teen Hoërskool Ellisras in ‘n vriendskaplike wedstryd, en hul staal gewys. Triegies het tuisveld voordeel gehad en sommer van meet af vir die besoekende spanne gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Al die rugbyspanne, behalwe die O/15-span, wen hul wedstryde. Die O/14-span klop Ellisras 31-12, terwyl die O/15’s 30-7 verloor en die O/16’s 14-10 wen. Die tweedespan wen oortuigend 31-5, met die eerstes wat skitterend speel en 37-5 wen.

Triegies se hokkiespanne het Ellisras behoorlik ‘n loesing gegee en kous oor die kop huistoe gestuur. Hulle wenuitslae, in hakies, het so daarna uitgesien: O/14’s (2-1), O/15’s (5-2), O/16’s 
(2-0) en die tweedespan (2-1). Die wedstryd van die dag was ongetwyfeld dié van die eerste span, wat Ellisras 6-0 klop.

Die junior en senior sokkerspanne van Triegies wen ook hul wedstryde, onderskeidelik 2-1 en 4-3.

By die netbal was dit gestoei vir punte, en die telbord kon ongelukkig nie Triegies se veggees wys nie; Ellisras wen daar 27-14.

 

ADVERTISEMENT