ADVERTISEMENT:

 

Meisies stof seuns uit

- Date: 24 April 2015

Written by: Isabel Venter / Viewed: 9182

Search for a story:

Daar is verlede week rugby en netbal gespeel by Laerskool Louis Trichardt dat dit klap, maar dit was die netbalmeisies wat die rugbyseuns gewys het hoe dit gedoen word.

Laerskool Louis Trichardt het op Donderdag, 16 April, gasheer gespeel vir Laerskool Kruger Park tydens ‘n vriendskaplike netbal en rugby sportdag.

Die netbalspanne gee Kruger Park ‘n loesing. Spanne wat gewen het, telkens met die uitslae in hakies, was die O/8 B’s (3-2), O/9 A’s (7-2), O/12 A’s (6-3), O/12 B’s (6-5), O/13 A’s (15-6) en O/13 B’s (6-1). Drie spanne speel gelykop: O/10 B’s (7-7), O/10 B’s (2-2) en die O/11 A’s (4-4). Die drie verloorspanne was die O/8 A’s (0-7), O/9 B’s (0-8) en O/11 B’s (0-4).

Op die rugbyfront moes Triegies die knie buig, met net twee spannetjies wat daarin kon slaag om te wen. Die O/9 B’s wen oortuigend 27-0, asook die O/10 A’s, wat hulle teenstanders 12-0 klop. Dit beteken nie die ander bulletjies het nie hul beste gegee op die veld nie, en dié tellings het soos volg daar uitgesien: O/9 A’s (8-10), O/11 A’s (0-24), die derdespan (12-15), tweedespan (0-12) en die eerstes (12-14).

 

ADVERTISEMENT