ADVERTISEMENT:

 

SAPS

Wiele van geregtigheid

 

Die Zoutpansberger het deur die afgelope twee jaar se argiewe gegaan en ‘n opname gemaak van onopgeloste polisiesake.  

‘n Lys van al die sake is op 3 Februarie bymekaar gekry en aan die Makhado Polisie oorhandig om uit te vind watter vordering daar gemaak is in die sake. ‘n Afskrif van die lys is ook aan die stasiebevelvoerder, Col Nyelisani Mabata, per e-pos gestuur. Dié lys word hier onder weergegee, saam met die vordering wat daar gemaak is, indien enige:

* Oor die naweek van 12 September 2015 is twee inwoners, mnr. Jonas Sirovhel (24) en me. Maggie Castleman (48), in twee afsonderlike voorvalle vermoor. Plaaslike polisie woordvoerder konst. Irene Radzilane het verlede Woensdag, 8 Februarie, bevestig dat daar tot op hede nog geen arrestasies gemaak is in beide van die sake nie.

* Die naweek van 24 en 25 September 2015 is mnr. Johan Oelofse doodgeskiet tydens ‘n vuurgeveg met ‘n groep onbekende aanvallers by sy vriendin se plaaswoning. Een verdagte is gearresteer, en het al verskeie kere in die hof verskyn. Nog ‘n tweede verdagte is later aangekeer. Sigtless Maxwell en Tapara Courage, albei 22, staan tans tereg op ‘n klag van moord op Oelofse. Hulle saak sal op Donderdag, 23 Februarie, hervat hier in die Louis Trichardt Streekshof.

* Op 29 Desember 2015 is ‘n plaaslike sakeman, mnr. Japie van Heerden, voor sy winkel aangeval in Songozwistraat deur ‘n groep mans, met ‘n mes gesteek en het hy byna doodgebloei. Nog geen arrestasies is gemaak in die saak nie, het Radzilane bevestig.

Die daaropvolgende jaar het sy eie hartseer gebring vir verskeie inwoners:

* Op 9 Januarie 2016 is mnr. André van der Walt deur twee mans voorgekeer terwyl hy probeer geld trek het by die FNB OTM in die Checkers-kompleks op die hoek van Munnik- en Songozwistraat. Hy is erg aangerand in die voorval. Sy hand is oor die duim en wysvinger oopgekloof. Geen arrestasies is in dié saak gemaak nie.

* Op 12 Januarie 2016 is mnr. Thabelo Tharini deur twee onbekende mans aangeval naby die hoek van Grobler- en Pretoriusstraat. Een van die mans het ‘n ligte kaliber vuurwapen gehad en vir Tharini in die bors geskiet. Hy het oorleef en geen arrestasies is nog gemaak in sy saak nie.

* Op 6 Maart is een van dié gruwelikste aanvalle in Louis Trichardt aangemeld. ‘n 77-jarige ouma is saam met haar twee kleinseuns (30 en 23) en die oudste kleinseun se vrou (24) deur ses rowers aangehou. Die jong vrou is vier keer verkrag deur vier verskillende rowers, terwyl die res van die gesin met sambokke en bakstene geslaan is. Twee weke later het die Makhado SAPD vyf verdagtes aangekeer. Vordering in die saak was stadig, en daar moet genoem word dat die blaam hiervoor nie op die skouers van die plaaslike polisie gelê kan word nie. DNS-monsters is van die verdagtes geneem om te bepaal of die jong vrou verkrag is deur die verdagtes. Buiten vir dié uitslae was daar in daardie stadium ook gewag vir selfoonrekords. Die nasionale kantore van die polisie, wat beide die DNS- en SMS-uitslae moet verwerk, is egter oorlaai en dit kan nog maande wees voor die uitslae bekend is. Radzilane kon teen druktyd nie bevestig of die uitslae al terug ontvang is en of die saak teen die vyf verdagtes voortgegaan het nie.

* Op  2 Julie 2016 is mnr. Tony Strydom vermoor op sy kleinhoewe onder raaiselagtige omstandighede aangetref. Volgens Radzilane is daar geen arrestasies in die saak gemaak nie.

 

News - Date: 19 February 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: