ADVERTISEMENT:

 

Vier in hof oor gesteelde gasbottels

 

Die Makhado Polisie het verlede week vier mans van Louis Trichardt aangekeer wat na bewering betrokke was by ’n gasbottel-sindikaat.

Volgens plaaslike polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilane, is die mans Woensdag (12de) gearresteer, nadat die polisie inligting ontvang het dat hulle na bewering besig was om gesteelde gasbottels te verkoop by die Palm Motors vulstasie.

Twee van die mans, Arthur Klusmann (29) en Ian Badenhorst (47), is by die vulstasie gearresteer deur die polisie. Klusmann is later ook aangekla van diefstal tesame met Desmond “Des” Delport (30) en Matthew Valentine Bezuidenhout (21).

Radzilane het gesê die klagte teen die vier hou verband met beweringe dat hulle gasbottels by een besigheid sou steel en by ’n ander besigheid probeer smous het.

Al vier die mans het Dinsdag vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn, waarna hulle borg verleng is en hul saak uitgestel is tot en met 17 Mei om die polisie kans te gun om die saak verder te ondersoek.

News - Date: 20 April 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: