ADVERTISEMENT:

 

Die 50-jarige Francois Martinus Labuschagne van Louis Trichardt.

Labuschagne weer terug in hof

 

‘n Voormalige finansiële adviseur, die 50-jarige Francois Martinus Labuschagne van Louis Trichardt, sal op 22 Junie weer in die handelsmisdaadhof in Bellville verskyn op klagte dat hy na bewering beleggers uit sowat R1 miljoen bedrieg het.

Labuschagne is op 15 Januarie vanjaar in Louis Trichardt gearresteer deur lede van die plaaslike speurtak, in samewerking met die Wes-Kaapse Valke. Sy saak is ná sy arrestasie oorgeplaas na die handelsmisdaadhof in die Kaap.

Labuschagne se saak het reeds verskeie kere in die hof voorgekom, met sy laaste verskyning op 8 Mei vanjaar. Sy saak is toe uitgestel na 22 Junie om hom toe te laat om regsverteenwoordiging te bekom.

Labuschagne se arrestasie volg na afhandeling van ‘n ses-jaar-lange ondersoek teen hom. Die ondersoek hou verband met sy werksaamhede as 'n Sanlam finansiële adviseur op Ceres tussen 2005 en 2010.

Volgens inligting verskaf aan die koerant  sou Labuschagne aan beleggers gesê het dat hulle beleggingsportefeuljes swak presteer en dat hulle eerder hul beleggings moet afkoop of omswaai na ‘n beter beleggingsmoontlikheid. Die kliënte sou dan aan Labuschagne volmag gee om hul beleggingsbedrae te herbelê. Labuschagne sou egter na bewering die beleggingsbedrae onttrek, maar nooit herbelê nie. Hierdie bedrag in “vermiste” geld beloop, volgens die inligting verskaf, meer as R900 000.

News - Date: 22 June 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: