ADVERTISEMENT:

 

Zelmari van Biljon (4) kon Donderdag ontslaan word uit die Polokwane MediClinic. Foto verskaf.

Zelmari ontslaan uit hospitaal

 

Zelmari van Biljon (4) sou Donderdag, 24 Augustus, ontslaan word uit die hospitaal. 

Sy was die enigste een wat die gru-ongeluk oorleef het wat Sondagmiddag die lewens geneem het van haar ma, Franzelle (33), sussie Marizelle (6) en oupa en ouma Dawie en Elsa Sadie.

Hulle is dood toe die Volkswagen Jetta waarin hulle op reis was tromp-op met ’n Toyota Corolla gebots het op die N1-snelweg tussen Mookgophong en Mokopane.

Provinsiale polisiewoordvoerder lt.kol. Moatshe Ngoepe het gesê die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk. Hy het ook later bevestig dat die bestuurder en nog twee insittendes van die Corolla ook dood is in die botsing. Hulle is later uitgeken as Flora Maluleke (45), Tintswalo Nkombyame Maluleke (39) en Glen Nkombyane (25) wat op pad terug was van ’n begrafnis in die Xikundu nedersetting net buite Malamulele.

Zelmari is kort na die ongeluk na die Voortrekker Hospitaal vervoer in Mokopane, vanwaar sy Sondagaand oorgeplaas is na die MediClinic in Polokwane.

Haar linkerarm- en been is gebreek, maar kon met plate geheg word in ’n operasie. 
“Sy is heeltemal buite gevaar en sal Vrydag die roudiens kan bywoon van haar ma, sussie en oupa en ouma,” het haar tannie Madelein Sadie Donderdag gesê.

Die gedenkdiens vir Dawie, Elsa, Franzelle en Marizelle sal Vrydag, 25 Augustus, om 10:00 vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente plaasvind.

Intussen het Laerskool Louis Trichardt ’n fonds op die been gebring om die Sadie-familie by te staan met die begrafnis onkostes. Inwoners wat graag wil help kan ’n inbetaling maak by die skool se rekening: Sadie/Van Biljon Begrafnisfonds, Absa, rekeningnommer 1000000139, takkode 632005 met die verwysing Begrafnis Sadie.


Lees ook:

News - Date: 24 August 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: