ADVERTISEMENT:

 

Pita weer vlugtig in die hof

 

Danie Pita (46) het verlede Vrydag weer vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn.

Pita is op 31 Augustus gearresteer deur die Valke, nadat daar militêre plofstof en ammunisie op 'n sakeperseel van hom in Kortstraat, Louis Trichardt, gevind is. Volgens die Valke het hulle het op ‘n wenk gereageer dat daar plofstof op die perseel versteek word. In totaal het die ondersoekspan beslag gelê op 552 R4-rondtes, een granaat, ses rookgranate, drie leë R1-magasyne en vyf potjiefakkels.

Pita is vyf dae ná sy arrestasie op 5 September vrygelaat op borg van R5 000.

Buiten die  klag van die onwettige besit van plofstof en ‘n klag van die onwettige besit van ammunisie, is daar ook ‘n klag van die besit van ‘n onwettige vuurwapen teen Pita gebring. Laasgenoemde klag is ná die tyd deur die Staat teruggetrek, omdat die Valke nie op enige vuurwapens beslag gelê het nie.

Pita se saak is verlede Vrydag uitgestel tot en met 29 Januarie 2018. Die ondersoekspan het aangevoer dat hulle meer tyd nodig het om hul ondersoek af te handel.

News - Date: 09 November 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: