ADVERTISEMENT:

 

Sandra Boshoff van Waterpoort is een van die min fotograwe wat inskrywings ingestuur het.

Kalenderkompetisie vir eers uitgestel

 

Die Zoutpansberger en Limpopo Mirror se kalenderkompetisie is uitgestel tot in Januarie volgende jaar. Teleurstellend min foto-inskrywings is ontvang vir die kompetisie en daar was eenvoudig nie genoeg goeie inskrywings om ‘n kalender te regverdig nie.

“Miskien was die vereistes te moeilik,” sê Anton van Zyl, bestuurder van die Zoutnet koerantgroep. Vanjaar is weer vereis dat die foto’s wat geneem word met filmkameras op swart-en-wit film. Die onderwerp moes ook die Soutpansberg en sy diversiteit reflekteer.

“Dit is ontstellend om te sien hoe ons fotograwe bederf geraak het met moderne digitale tegnologie,” sê Anton. ‘n Aantal praktiese sessies is deur die jaar aangebied waartydens belangstellendes die geleentheid gebied is om foto’s met antieke kameras te neem. “Die uitstappies was baie interessant en het vir baie pret gesorg, maar dit het nie veel gehelp om goeie kalenderfoto’s te verseker nie. Ek dink baie van ons het net weer besef hoe moeilik dit was om destyds goeie foto’s te neem,” sê Anton

Daar is besluit om fotograwe kans te gun om gedurende die Desember-vakansie die ou kameras af te stof en nog ‘n klompie foto’s te neem. Die kalender kan dan in Januarie gedruk word, maar dit sal dan net uit elf maande bestaan (of gaan tot in Januarie 2019).

Persone wat belangstel om deel te neem, kan die Zoutpansberger kontak by [email protected] of vir Anton by [email protected]. Die voorlopige afsnydatum vir inskrywings is 12 Januarie 2018.

News - Date: 14 December 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Sandra Boshoff van Waterpoort is een van die min fotograwe wat inskrywings ingestuur het.

Sandra Boshoff van Waterpoort is een van die min fotograwe wat inskrywings ingestuur het.

Sandra Boshoff van Waterpoort is een van die min fotograwe wat inskrywings ingestuur het.

Sandra Boshoff van Waterpoort is een van die min fotograwe wat inskrywings ingestuur het.

 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: