ADVERTISEMENT:

 

Daar is nog bietjie tyd om in te skryf vir Relay

 

Die nuwe CANSA Relay for Life Louis Trichardt-komitee is volstoom aan die gang en nooi elke inwoner uit om te kom deel in die groot gebeurtenis eerskomende Vrydagaand, 16 Maart.

“Vrydag is beslis nie ‘n dag om uit die dorp te wees nie! Die nuwe komitee beplan heelwat pret en plesier. Natuurlik gaan daar nog die gebruiklike ‘Survivor lap’ wees en die Luminaria – waar ons die kankerpasiënte gedenk wat nog die stryd stry en dié eer wat die stryd verloor het,” het die komitee gesê.

Die amptelike opening is 18:00 op Hoërskool Louis Trichardt se sportveld, waarna die “Survivors” hul rondte gaan loop. Direk daarna is die “Caregiver” rondte, gevolg deur die onderskeie spanne. “As jy nog nie jou span ingeskryf het nie – MAAK GOU! Daar is nog bietjie tyd,” het die komitee gesê.

Wanneer dit donker is, word die Luminaria funksie gehou en almal word uitgenooi om deel te neem aan die geleentheid om die mense wat vir altyd in hul geliefdes se harte sal voortleef, te gedenk en eer.

Let the fun begin – dis wanneer ons lekker verder loop en allerhande kaperjolle uithaal om die aand interessant te maak. Daar sal onder meer ‘n pajama-, funny hat- en dress-up rondte wees, om maar ‘n paar te noem. Bring jou plakkies, tekkies of wat jy ook al in gemaklik kan loop en spandeer hierdie CANSA Relay for Life saam met die nuwe komitee en die CANSA personeel,” het die komitee gesê.

Deelname kos R500 per span van 10 lede of R50 per individuele inskrywing. Laer- en voorskoolse kinders kan egter gratis deelneem. Om 23:45 sal daar ‘n afsluitingseremonie wees waar die pryse uitgedeel sal word aan die wenners van die onderskeie toekennings, soos beste spangees, mees eenvormige span, jongste span en nog vele meer.

“Kom geniet gerus die tyd saam met ons. Daar is ook kosstalletjies met die lekkerste hamburgers en pannekoek beskikbaar,” het die komitee gesê.

Vir meer inligting, skakel Riana Bronkhorst by 082 663 5719, Christopher Combrink by 072 681 1949 of Heila Oosthuizen by 082 525 3452. Persone en spanne wat verlede jaar trofeë ontvang het, word versoek om dit voor Vrydag by die Fuji Shop by BB Mount Fuji in te handig.

News - Date: 15 March 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: