ADVERTISEMENT:

 

Meeste dorpe in Lim se water skoon om te drink

 

Burgerregte groep AfriForum het Dinsdag verskeie dorpe in Limpopo se blou- en groendruppeluitslae bekendgemaak.

AfriForum het gedurende April 2018 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal. Die dorpe wie se drinkwater getoets is, het ingesluit Louis Trichardt, Polokwane, Tzaneen, Haenertsburg, Phalaborwa, Mokopane,  Mookgophong, Modimolle, Bela-Bela, Vaalwater, Lephalale, Marble Hall en Groblersdal.

“Ons kon vasstel dat elke dorp, behalwe Lephalale (Ellisras), se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum se plaaslike struktuur in Lephalale gaan die watergehalte deurlopend toets, nadat hoë E. coli-lesings geneem is. Dit hou baie nadelige gevolge in vir inwoners wat besmette water inneem. Dit is ons plig om druk op die owerhede te plaas om te verseker dat die drinkwater sowel skoon as op standaard is,” het mnr. Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, in ‘n persverklaring gesê.

Bloot ter wille van interessantheid: Louis Trichardt se water het die afgelope drie keer (2016, 2017 en nou in 2018) skoon getoets.

AfriForum se groendruppelresultate was egter minder rooskleurig vir die dorpe, uitgesluit Polokwane en Mokopane se rioolwater, wat nie getoets is nie. Volgens die uitslae voldoen meeste van die dorpe se rioolwater nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie. Die enigste dorp wat sedert 2016 elke jaar ‘n “skoon” resultaat gelewer het, was Tzaneen. “AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word,” het Grobbelaar gesê.

AfriForum het inwoners van Limpopo versoek om hulle as organisasie in die vermoë te stel om deurlopend die gehalte van die dorpe se water te moniteer deur die woorde “Skoon water” te SMS na 45340. Elke SMS kos R1.

News - Date: 18 May 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: