ADVERTISEMENT:

 

Bekende plaaslike skrywer dr. Philip Venter met die vier boeke uit sy pen wat reeds hierdie jaar die lig gesien het. Sy jongste boek, Donkerland, is sedert verlede week op die winkelrakke beskikbaar.

Vierde boek uit Venter se pen nou beskikbaar

 

Die jongste boek uit die pen van plaaslike skrywer dr. Philip Venter, Donkerland, is vanaf 14 September op die winkelrakke beskikbaar.

Donkerland is die vierde aflewering in ‘n reeks oor die gewapende stryd in Suid-Afrika. Die reeks begin met Venter se boek Niemandsland, wat handel oor die onluste van 1985. Dié skrywe is opgevolg met Venter se boek Bloedland, wat ‘n toekoms scenario skets van Suid-Afrika indien die land in duie stort. Swerwersland is die opvolg op Bloedland, met ‘n boer as hoofkarakter wie se familie uitgewis word te midde van ‘n land wat in duie stort. Donkerland bou voort op die scenario van ‘n land wat verval, maar dié keer is die hoofkarakter ‘n vrou, Retha Duncan.

“Al die boeke is fiktief, maar met baie realisme daarin. So is Bloedland gebaseer op onlangse nuusberigte,” het Venter gesê.

Al vier boeke in die reeks het hierdie jaar die lig gesien. “Ek skryf omdat ek glo elke ou het ‘n storie om te vertel en dit is my storie om te vertel. Uit die aard van die saak is dit ook ‘n ekstra inkomste vir my,” het Venter gesê. Al die boeke is op ‘n lekker-lees trant geskryf en het positiewe resensies ontlok van onder meer oud-generaal George Meiring en generaal Johan Crous.

Buiten vir bogenoemde het heelwat ander skrywes uit Venter se pen al die lig gesien. Dit sluit in ‘n derde druk van die gedigteboek Sluimerverse, wat ook sedert verlede week beskikbaar is.

 Donkerland is beskikbaar vanaf Mar-Leo Uitgewers. “Ek het so 30 eksemplare by my teen R280 elk. Die ander kos R320. As jy al vier koop, sal dit jou R1 000 kos,” het Venter gesê.

Tans is Venter besig met die reël van ‘n boekbekendstelling in Bloemfontein. Daarbenewens het Venter verlede Donderdagaand sy vyfde boek in die reeks klaar geskryf. “Dit sal oor so ‘n maand op die rakke beskikbaar wees. Dit handel oor twee kinders se ervaring van die hedendaagse Suid-Afrika. Die boek se naam is Heldeland,” het Venter gesê.

Vir meer inligting oor die boeke of om ‘n kopie van Donkerland te bestel, skakel Venter by tel. 083 444 7672.

 

News - Date: 22 September 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Die vier boeke in skrywer Philip Venter se reeks het hulle oorsprong in die gewapende stryd en onluste van 1985 in Suid-Afrika. Alhoewel al die stories fiktief is, is daar ‘n groot mate van realisme in elkeen.  Van links na regs is Niemandsland, Bloedland, Swerwersland en  Donkerland.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: