ADVERTISEMENT:

 

Die 49-jarige me. Martie Barnard wat ernstige brandwonde opgedoen het toe ‘n asetileen gassilinder langs haar ontplof het. Foto verskaf.

Martie vir tweedegraadse brandwonde behandel

 

Onder omstandighede gaan dit baie goed met die vrou van Louis Trichardt wat Donderdagmiddag ernstige brandwonde opgedoen het toe ‘n asetileen gassilinder langs haar ontplof het. Die ongeluk het kort na 13:00 by Gasarc in die dorp se industriële gebied plaasgevind.

Die 49-jarige me. Martie Barnard, bestuurder van die agentskap, het tweedegraadse brandwonde op haar gesig, bene, arms en maag opgedoen tydens die ontploffing. Dit is steeds nie seker wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar ‘n ondersoekspan van Air Liquide was reeds Donderdagaand op die toneel van die ontploffing in Kortstraat om met hul ondersoek te begin. ‘n Verslag oor die ongeluk word binne die volgende week verwag.

Martie is kort ná die ontploffing gestabiliseer en per ambulans oorgeplaas na 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane. “Enige iemand kan herstel. ‘n Dokter is net ‘n instrument en ons plaas ons hoop in die Hoër Hand,” het Martie se man, Tony, kort na 10:00 Vrydagoggend aan die Zoutpansberger gesê. “Hulle gaan haar wonde nou skoon maak en haar verbind,” het Tony gesê.

Tony sê hulle bly positief onder omstandighede. “Ek glo sy is ook positief. Uit die aard van die saak praat sy nie baie nie, want haar gesig is maar seer,” het Tony gesê. Volgens hom sal Martie vir ten minste ‘n week in die hospitaal moet bly sodat haar toestand gemonitor kan word.

News - Date: 16 November 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: