ADVERTISEMENT:

 

Wyle Barend Pieter Jordaan (72). Foto verskaf.

Bekende oom Barend oorlede

 

Inwoners van die Soutpansberg sal beslis die vriendelik glimlag mis van die 72-jarige mnr. Barend Pieter Jordaan wat op 30 November skielik aan ‘n hartaanval oorlede is.

Barend en sy familie het in 1982 na Louis Trichardt verhuis waar hy by Pennells begin werk het en later oorgeskuif het na die destydse Louis Trichardt Munisipaliteit. Dit was veral vir sy jare by die munisipaliteit wat inwoners hom sal onthou. Op sportgebied het hy ‘n groot liefde vir stoei gehad en was hy en sy seun Barend (junior) stigterslede van die Louis Trichardt Stoeiklub in die vroeë 1990’s.  

“Hy het goue hande gehad as dit by houtwerk gekom het en het selfs van die Stadsraad se meubels en kabinette gemaak. Selfs na sy aftrede was sy gelukkigste tye om met hout te werk,” het die familie gesê.

Wyle Barend is op Saterdag, 8 Desember, vanuit die AGS-gemeente in Louis Trichardt begrawe. Die diens is behartig deur sy swaer, pastoor John Struwig. Barend word oorleef deur sy tweelingseuns Kobus en Barend, dogter Susan, jongste seun Gawie, skoonfamilie, drie kleinseuns en ses kleindogters. “Hy het diep spore in baie mense se lewens getrap,” het die familie gesê.

News - Date: 13 December 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: