ADVERTISEMENT:

 

Die 52-jarige Francois Martinus Labuschagne van Louis Trichardt is ‘n vonnis van 10 jaar gevangenisstraf opgelê, wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar, nadat hy Maandag in die Handelsmisdaadhof in Bellville aan bedrog skuldig bevind is.

Oud-adviseur skuldig aan bedrog

 

‘n Voormalige finansiële adviseur sal vir die volgende vyf jaar mooi in sy spore moet trap om te verhoed dat hy nie vir 10 jaar tronk toe gaan nie.

Die staat het Maandag hul saak teen die 51-jarige Francois Martinus Labuschagne van Louis Trichardt in die Handelsmisdaadhof in Bellville afgesluit met ‘n skuldigbevinding ná ‘n pleitooreenkoms met die Staat.

Labuschagne is op 15 Januarie 2017 in Louis Trichardt gearresteer deur lede van die plaaslike speurtak, in samewerking met die Wes-Kaapse Valke. Sy arrestasie het gevolg ná die afhandeling van ‘n ses-jaar-lange ondersoek teen hom. Die ondersoek het verband gehou met Labuschagne se werksaamhede as 'n Sanlam finansiële adviseur op Ceres tussen 2007 en 2010. Sy saak is ná sy arrestasie oorgeplaas na die Handelsmisdaadhof in die Kaap.

“Labuschagne het op bedrieglike wyse sy kliënte oortuig om ‘n gedeelte of die volle voordeel van hulle beleggingsportefeulje te onttrek. Hy het daarna beweer dat hy die geld sal herbelê teen ‘n gewaarborgde hoër opbrengs, maar in plaas daarvan het hy die geld vir eie gewin gebruik,” het die Wes-Kaapse woordvoerder van die Valke, kapt. Philani Nkwalase, in ‘n verklaring gesê.

Volgens Nkwalase het Labuschagne 32 kliënte op so ‘n wyse uit hul swaarverdiende spaargeld ten bedrae van R650 000 bedrieg.

Labuschagne se saak het ná sy arrestasie verskeie kere voor die Handelsmidaadhof in Bellville gedien. Tydens sy laaste verskyning in November 2018 is Labuschagne se saak uitgestel tot 28 Januarie ter finalisering van ‘n pleitooreenkoms tussen hom en die Staat.

Labuschagne is Maandag ingevolge sy pleitooreenkoms skuldig bevind op klagte van bedrog. Hy is tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar, op voorwaarde dat hy hom gedurende dié tydperk nie weer skuldig maak aan ‘n soortgelyke misdryf nie.

Die hof het Labuschagne ook gelas om die bedrag van net meer as R650 000 terug te betaal. ‘n Bedrag van R520 000 is vanuit sy pensioen vereffen, terwyl Labuschagne blykbaar die uitstaande bedrag van net meer as R131 700 in maandelikse paaiemente oor 60 maande vanaf 1 Maart sal terugbetaal.

Buiten vir bogenoemde is Labuschagne ‘n verdere vonnis van 36 maande korrektiewe toesig opgelê. Hy sal gedurende hierdie tydperk moet deelneem aan rehabilitasieprogramme soos bepaal sal word deur die Departement van Korrektiewe Dienste se maatskaplike werker.

 

News - Date: 01 February 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: