ADVERTISEMENT:

 

Volgens berigte kan die reën nog tot in die naweek voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër die week ook gewaarsku dat vloede plek-plek kan voorkom. Lesers word uitgenooi om hul reënfoto’s van hoe lekker nat dit is, vloedwaters en reënskade in te stuur. Dit kan op ons Facebook-blad geplaas word of stuur dit na [email protected].    

Dit sous behoorlik!

 

Dit is seker die natste droogte nog wat die Soutpansberg distrik in maande beleef het. Nat omdat daar plek-plek al amper 200 mm reën die afgelope twee dae geval het en droog omdat inwoners van Louis Trichardt en omstreke se krane vir dae lank al droog bly.

Volgens gerugte is die dorp se droë krane te danke aan werknemers van die Vhembe Distriksmunisipaliteit (Vhembe) wat al vir drie weke staak. Daar was ‘n sprankie van hoop vanoggend gewees met DA-raadslid Brian du Plooy wat op sosiale media gesê het dit wil blyk of daar teen vanmiddag weer water in die dorp sal wees. Mens kan maar net hoop, want in die verlede het weinig tot niks van Vhembe se beloftes gekom nie.

Op ‘n positiewe noot sous dit behoorlik en glimlag veral die boere breed.

In Louis Trichardt is reënvalsyfers in die omgewing van 150 mm vir die afgelope twee dae rapporteer. Vanaf Alldays het Robert Gallon laat weet dat hy al 75 mm gemeet het. Ook in die normale droë Musina-omgewing word goeie neerslae van oor die 100 mm genoem met gerugte van verspoelings plek-plek.

Oos van die dorp is dit behoorlik nat. Inwoners het seker nou al die foto’s op Facebook gesien van Thavhani Mall buite Thohoyandou wat blykbaar Woensdagaand oorstroom het toe die hemel se sluise oopgegaan het. Vanaf Levubu berig Fanie Havinga, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, dat hy op Levubu teen Vrydagoggend al 130 mm gemeet het. Mede-boer Frits Ahrens van die Beja-omgewing het op sy beurt gesê dat hy al bykans 190 mm gemeet het. Intussen het Arthur Blofield genoem dat hy by hom net suid van Vivo ook al 130 mm vir die week gemeet het. Japie van der Goot het ook lekker reën gekry. Wes van Vivo sê hy het hulle 80 mm gemeet en op Waterpoort 130 mm.

Volgens berigte kan die reën nog tot in die naweek voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër die week ook gewaarsku dat vloede plek-plek kan voorkom. Lesers word uitgenooi om hul reënfoto’s van hoe lekker nat dit is, vloedwaters en reënskade in te stuur. Dit kan op ons Facebook-blad geplaas word of stuur dit na [email protected].

News - Date: 15 February 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: