ADVERTISEMENT:

 

Dave vat ‘n breek vir bietjie ontbyt op die pad tussen Rundu and Divundu. Hy het dit hierdie week gemaak tot in Katima Mulilo, met sowat 1 100 km agter die rug. Foto verskaf.

Dave steek 1 000 km merk verby

 

Avonturier Dave van Graan het nog ‘n mylpaal bereik toe hy die 1 000 km merk van sy epiese 1 600 km staptog vanaf Ruacana tot by Victoria Valle hierdie week verbygesteek het.

“Ek is self bly en kan dit amper nie glo dat ek die 1 000 km punt verbygesteek het nie. Ek het so baie ervarings gehad, nuwe interessante mense ontmoet en plekke gesien,” het die 62-jarige Dave per Woensdag per WhatsApp aan die Zoutpansberger gesê.

In daardie stadium het hy hom by die dorp Katima Mulilo bevind waar hy bietjie gerus het en noodsaaklike herstelwerk aan sy sleepwaentjie, die Bart Mobile, moes verrig. “Ek moet nuwe rims kry vir my waentjie. Die gewig op my waentjie het die huidige rims baie verniel en Katima is die laaste plek waar ek kan kry,” het Dave gesê.

Tot en met Woensdag het Dave al sowat 1 100 km gestap. Sy epiese staptog het op 15 Januarie by Ruacana begin. Buiten vir die persoonlike uitdaging, stap Dave om bewusmaking te kweek vir die bewaring van Suidelike Afrika se renosterbevolking. So stap hy dié keer ter bewusmaking van onder meer African Anti-Poaching Services (AAPS).

Volgens Dave moes hy teen Woensdag nog besluit presies watter roete hy gaan volg na die Victoria Valle. In daardie stadium het hy gehoop om ‘n geleentheid te kry na Kasane. “Die pad tussen Katima en Livingstone is net te gevaarlik om te stap weens al die vragmotors en slaggate,” het Dave gesê.

Maar selfs al kry Dave nie ‘n geleentheid nie, sal dit hom nie stop nie. “Indien ek nie ‘n geleentheid kry nie, dan loop ek maar tot by die grens en hopelik kry iemand my jammer en help my,” het Dave gesê.

Vanaf Kasane beplan Dave om via die Kazangula veerboot na Livingstone te vaar. “Ek wil dan oor die brug by die valle stap. Dit sal mooi foto’s maak vir my oudag. Dit sal ook snaaks wees om die locals se gesigte te sien wanneer ek my waentjie op die veerboot vat. Dit is mos meestal net trokke en 4x4’s daarop,” het Dave gesê.  

Bogenoemde beplanning was egter teen Woensdag nog iets vir die toekoms. Vir eers het Dave nog bietjie gerus. “Intussen sit ek by ‘n pragtige tentkamp met die naam Zambezi Houseboat Safaris. Ek bly in my tentjie en die mense is baie gaaf. Hulle laat my verniet kamp. Ek betaal net vir my kos en bier,” het Dave gesê.

News - Date: 21 February 2019

Recent Articles

Search for a story:

 

Een van die dinge waaraan daar geen tekort is nie op Dave van Graan se staptog vanaf Ruacana in Namibië tot by die Victoria Valle is pap wiele. “Ek is permanent besig om wiele reg te maak,” het Dave gesê. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: