ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Eugene Maree (84). Foto verskaf.

Bekende sakeman sterf ná lang siekbed

 

'n Bekende Louis Trichardt sakeman en eienaar van Louis Trichardt Bierverspreiders, die 84-jarige mnr. Eugene Maree, is Saterdag, 6 April, na ‘n lang siekbed oorlede.

Wyle Eugene het op 12 Mei verlede jaar ‘n ernstige beroerte gehad. Alhoewel hy aanvanklik heel goed herstel het, het sy gesondheid sedert Desember dramaties agteruit gegaan. Hy was die laaste twee weke bedlêend gewees.

Eugene se eggenote, kinders, kleinkinders, familie, vriende en werknemers het met hartseer van hom afskeid geneem. Hy is veral geloof vir die rol wat hy in die plaaslike sakegemeenskap gespeel het. “Hy was lief vir God, sy gesin, die Krugerwildtuin, gholf en ‘n groot voorstander van suiwer Afrikaans,” het sy familie gesê. Voor hy in 1986 na Louis Trichardt verhuis het om Louis Trichardt Bierverspreiders te stig, was hy vir ‘n paar jaar woonagtig in Polokwane waar hy betrokke was by SAB (Suid-Afrikaanse Brouerye).

Wyle Eugene laat sy lewensmaat Martie, sy drie kinders Eugene, Leonie en Irma, skoonseun Niewies, skoonfamilie, vyf kleinkinders en geliefde familie en vriende agter. ‘n Roudiens word op Vrydag, 12 April, om 12:00 vanuit die NG Kerk Moedergemeente (Haantjiekerk) vir hom gehou. Die diens sal waargeneem word deur ds. Corné Burger.

Die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor al die versorgers wat hom so mooi opgepas het sedert sy beroerte. Dank het ook gegaan aan sy huisdokter, dr. Pieter de Wet, en die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal.

“Baie dankie ook aan die gemeenskap van Louis Trichardt en vir almal se woorde van vertroosting en boodskappe van ondersteuning,” het die familie gesê.

 

News - Date: 11 April 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: