ADVERTISEMENT:

 

Wyle Charles Visser (67).

Charles Visser van Mopanie skielik oorlede

 

Inwoners van veral die Mopanie-omgewing het met hartseer kennis geneem van die skielik dood van die 67-jarige mnr. Charles Visser op 13 April.

Charles sal onthou word vir sy jarelange betrokkenheid by die myn en die bekende “Stasiewinkel” op Mopanie. “My pa was vir meer as 20 jaar woonagtig op Mopanie. Voor dit het hy tot so 1996 houtwerk op Louis Trichardt gedoen,” het dogter Leanie gesê.

Charles, wat oorspronklik vanaf Pretoria kom, het in sy vroeë twintigs ‘n ernstige motorfietsongeluk oorleef. “Hy het nooit regtig heeltemal daarvan herstel nie,” het Leanie gesê. Sy gesondheid het die laaste paar maande stelselmatig agteruit begin gaan, totdat sy susters (Ena Stock van Rosetta naby Mooirivier en Elsabe van den Berg van Pietermaritzburg) hom sowat drie maande gelede kom haal het om bietjie vir hulle te gaan kuier.

“My pa is gedurende die aand van Vrydagnag en Saterdagoggend in sy slaap by sy suster Ena oorlede. Sy gesondheid was veral die laaste week baie sleg,” het Leanie gesê.

Wyle Charles word oorleef deur sy dogters Leanie Dippenaar, Karlien Visser, skoonseun MC Dippenaar en kleinkinders Johan en Rihanna. Teen druktyd was finale begrafnisreëlings nog nie bekend nie. Leanie kon wel bevestig dat hy veras sal word, met ‘n roudiens wat vir hom op Mopanie gehou sal word. “Dit is maar waar meeste van sy mense, sy vriende, is. Hy het maar ‘n kluisenaarslewe gely en was maar ‘n korrelkop ,” het Leanie gesê.

Leanie-hulle het hul dank uitgespreek teenoor al die familie en vriende vir hulle woorde van vertroosting en bystand in hierdie moeilike tyd. Hulle het veral vir Ena en Elsabe bedank vir hul versorging van Charles die laaste paar maande.

"Hy gaan beslis erg gemis word maar nooit vergeet word nie. Hy was so ‘n groot deel van wie en wat ek is, dat 'n groot deel van hom nog steeds bly lewe in my … Hy is en sal altyd ‘n deel wees van my. Hy het finaal sy rus en vrede waarna hy so gesmag het. Ek is wie ek is omdat hy my pa was. Rus sag my rots, my leermeester en my pa. Lief jou oneindig," het dogter Karlien vanuit Namibië geskryf.

News - Date: 18 April 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: