ADVERTISEMENT:

 

Wyle tannie Rina Stewart (80). Foto verskaf.

Tannie Rina sterf in die ouderdom van 80 jaar

 

Die Soutpansberg-gemeenskap het met hartseer verneem van die dood van die 80-jarige tannie Rina Stewart, boorling van Louis Trichardt, op Sondag, 14 April.

Tannie Rina, ‘n nooi Hendriena Magdalena Hibbert, is op 25 Desember 1938 gebore as die oudste kind en enigste dogter van Adam en Lettie Hibbert. Sy het ‘n jonger broer, Albert, gehad.

As kind het tannie Rina Laerskool Louis Trichardt bygewoon, waar Nictus vandag geleë is, en daarna haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Louis Trichardt voltooi. Ná skool het sy ‘n sekretariële diploma gaan doen in Pretoria.

Nadat haar pa oorlede is, het tannie Rina na Louis Trichardt teruggekom om die twee meubelwinkels, Northern Furnishers in Louis Trichardt en Northern Furnishers in Messina, te kom bestuur. Sy het intussen haar toekomstige man, Roy Stewart, wat as teller by Standard Bank gewerk het, ontmoet en die twee is getroud op 1 September 1962.  Drie kinders is uit die huwelik gebore, naamlik Karen, Robert en Greg.  

‘n Paar jaar later is die meubelwinkel in Messina verkoop en het die egpaar hulle volle gewig by die plaaslike meubelwinkel ingegooi. Gedurende die tagtigs is die winkel verkoop en in die laat negentigs het Rina as skakelbord-operatrise by die Lugmagbasis Louis Trichardt gewerk.

Tannie Rina se gesondheid het agteruit begin gaan en sy het getrek na Ons Tuiste waar sy sedert 2011 ‘n inwoner was. Die afgelope drie jaar was sy in die siekeboeg. Haar geheue was uitstekend en sy het verskeie gebeure en datums goed onthou.

Haar gesondheid het op 7 April 2019 so versleg dat sy per ambulans na die Zoutpansberg Privaathospitaal vervoer is. Sy is in die vroeë oggendure van Sondag, 14 April, oorlede.

Sy was sedert laerskooljare boesemvriende met Anthea Lombard van Beja Hengelparadys. Sy laat haar dogter, Karen Odendaal, skoonseun Alan Odendaal, seun Robert Stewart, jongste seun Gregory Stewart, skoondogter Elzabé Stewart en kleinseun Roy Stewart agter.

“Sy was ‘n vrou van haar woord en haar integriteit was ten alle tye bo verdenking. Haar ja was ja en haar nee was nee,” het familievriend Daan Nel gesê.

 “Sy was ‘n besonderse mens en gaan baie deur haar familie gemis word. Ons wil graag dankie sê aan Herman de Bruin van Avbob vir die deernis en professionele diens. Dankie ook aan dokters Emil Gaigher en Fred Badenhorst vir die baie jare se ongelooflike bystand en geduld,” het die familie gesê.

‘n Gedenkdiens vir wyle tannie Rina word Donderdag, 18 April, om 09:00 vanuit die Haantjiekerk (NG Kerk Louis Trichardt) gehou.

 

News - Date: 19 April 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: