ADVERTISEMENT:

 

Bejaarde vrou en seun wreed op plaas aangeval

 

Die Soutpansberg-gemeenskap is weereens met skok en afgryse vervul met die nuus van nog ‘n plaasaanval waarin die 80-jarige tannie Joekie Nortjé en haar 62-jarige seun, Johan (Kiewiet), ernstig beseer is.

Volgens inligting tot die koerant se beskikking het die aanval Maandag omstreeks 10:30 op die familie se plaas Nooitgedacht langs die ou kommando skietbane plaasgevind, ‘n klipgooi van die Tshikota-woongebied. Tannie Joekie se seun, Dippies, het aan die Zoutpansberger gesê dat vyf mans in ‘n wit bakkie blykbaar op die plaas opgedaag het onder die voorwendsel dat hulle varke wil koop. “Terwyl Johan en ‘n plaaswerker hokke toe gestap het, is hulle oorrompel en vasgebind,” het Dippies gesê.

In die huis het die aanvallers kontant en vuurwapens by tannie Joekie gesoek. Daar was egter niks wat sy hulle kon gee nie. “Hulle het die hele huis omgekeer,” het Dippies gesê.

Die aanvallers het later op die vlug geslaan, blykbaar net met tannie Joekie se handsak, ‘n bietjie kontant en ‘n windbuks. Tannie Joekie en Johan is egter wreed aangerand, met beide wat deurgejaag is na die Zoutpansberg Privaathospitaal. Dippies het kort voor 13:00 bevestig dat Johan oorgeplaas gaan word na die Medikliniek in Polokwane, vermoedelik weens bloeding op die brein. Sy ma, wat ernstige kap- en snywonde opgedoen het, sou op haar beurt oorgeplaas word na die Medikliniek in Tzaneen. “Al twee my ma se hande lyk sleg. Dit lyk of daar ‘n slagaar, asook senings en spiere afgekap is,” het Dippies gesê. 'n Panga is ondermeer in die aanval gebruik.

Teen 13:00 was lede van die plaaslike polisie en dorps- en plaaswagstrukture steeds op die toneel om leidrade op te volg wat moontlik kan lei tot die arrestasie van die verdagtes.

News - Date: 27 May 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: