ADVERTISEMENT:

 

Amira Willighagen, wat op 14 September 2019 op die dorp optree, was in 2013 die wenner van Holland’s Got Talent. Kaartjies is nou beskikbaar. Foto verskaf.

Sangsensasie Amira kom kuier op Louis Trichardt

 

Vir liefhebbers van goeie musiek lê daar ‘n watertand-geleentheid voor met die optrede van internasionale kunstenaar Amira Willighagen, die 2013 wenner van Holland’s Got Talent, op 14 September hier ter plaatse.

Dié kranige jong sanger, wat maar nege was toe sy die gewilde kompetisie in Nederland gewen het, bly nou in Suid-Afrika en is ‘n leerling van die Hoër Volkskool op Potchefstroom. Haar loopbaan as internasionale sanger gaan egter van krag tot krag en sy kan reeds spog met optredes saam met Helmut Lotti, Patrizio Buanne, Martin Mans en André Rieu. Sy het ook al tydens optredes by Classics is Groot saam met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Corlea Botha, Jannie Moolman, Touch of Class, Joseph Clarke en Elvis Blue die verhoog gedeel.

Die saal van die Emmanuel Christian School net buite die dorp, regoor die Kutama Sinthumule Maksimum-Sekuriteit Gevangenis, is waar dié feestelike geleentheid om 18:00 sal plaasvind. Die terrein beskik oor volop parkeerplek en sekuriteit sal die aand beskikbaar wees.

Die kaartjies is te koop by Da Silva Apteek, Weldon’s Apteek en Safety First. Vir meer inligting, skakel Nic Hoffmann by tel. 079 460 2160.

News - Date: 26 July 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Nic Hoffmann

Email:

ADVERTISEMENT: