ADVERTISEMENT:

 

Tyd vir besware teen sesde aanvullende waardasierol

 

Die Makhado Munisipaliteit het kennis gegee dat die sesde aanvullende waardasierol tans vir openbare inspeksie en die indiening van besware vir die 2020/21 finansiële jare beskikbaar is.

Die genoemde waardasierol is reeds vanaf 20 Januarie beskikbaar by aangewese munisipale kantore. Dit sluit in die Makhado Burgersentrum in Kroghstraat, Louis Trichardt, waar die rol weeksdae vanaf 07:00 tot 13:00 en vanaf 14:00 tot 16:00 by kamer nommer C027 besigtig kan word. Die aanvullende waardasierol is ook beskikbaar by die munisipale kantore in Dzanani en Waterval, asook by die Vleifontein satellietkantoor. Die rol is ook ter insae beskikbaar op die munisipaliteit se webblad by www.makhado.gov.za.

Enige grondeienaar of ander persoon wat wil, kan skriftelik beswaar aanteken by die munisipale bestuurder oor enige aspek van die rol, aangeteken of uitgelaat, tot en met 28 Februarie 2020. Die publiek word egter daarop gewys dat die beswaar slegs ten opsigte van ‘n spesifieke individuele eiendom kan wees en nie teen die waardasierol as geheel nie.

Beswaarvorms is beskikbaar by die genoemde kantore of vanaf die munisipaliteit se webblad. Die vorms moet by dieselfde kantoor ingedien word, of aan die Munisipale Bestuurder, Makhado Plaaslike Munisipaliteit, Privaatsak X 2596, 0920, gestuur word.

Vir navrae is die publiek uitgenooi om vir mnr. Ndivhuwo Thanyani te skakel by tel. 015 519 3083 of mnr. Alfred Nekhavhambe by 015 519 3296. Alternatiewelik, stuur ‘n e-pos na [email protected] of [email protected].

 

News - Date: 30 January 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: