ADVERTISEMENT:

 

Dave by die Van Zyls Pas kampterrein. Foto: Dave van Graan.

Dave nader halfpadmerk van woestynstap

 

Ná sowat drie weke se stap is Louis Trichardt avonturier Dave van Graan besig om die halfpadmerk van sy epiese woestynstap deur die Kaokoveld en Damaraland in die noorde van Namibië te bereik.

Die 62-jarige Dave en sy Bart Mobile “Merk 2”, ‘n tweewielwaentjie waarop hy al sy proviand saamsleep, het op 22 Januarie begin stap vanaf die Hippo Pools kampeerterrein naby die Ruacana valle. Hy is van plan om oor die volgende paar weke deur die ongenaakbare, warm, droë woestynarea te stap oor ‘n totale afstand van 800 km. Sy roete sal by Kamanjab (wat “klipperige plek” beteken) eindig.

Volgens Dave se satellietsender waarmee hy toegerus is, het Dave Woensdagoggend die 380 kilometer merk van sy stap genader, êrens op ‘n grondpad op pad na “Tomakas”. Die goeie nuus vir hom was dat die moeilikste deel van sy staptog, die gevaarlike Van Zyls Pas en Marienfluss, agter die rug was.

Weens die afgeleënheid van die area is daar omtrent nêrens selfoonopvangs nie. Die Zoutpansberger kon Saterdag laas met hom via WhatsApp kommunikeer. “Ek het nou ‘n kliniek in die middel van nerens gekry met wifi. Van Onkongwati tot vandag was da geen sein nie. Ek oorleef nog ma ek moet sê die berge was vreeslik erg. Ek op n stadium ni meer kos gehad behalwe oats nie. Ek het baie gewig verloor ma ek is nog baie positief. Ek het nou die berge en die Marienfluss afgehandel en is nou naby Oprupembe,” het Dave se WhatsApp aan die koerant gelees. Hy kon darem later ook ‘n paar foto’s van sy moordende stap oor Van Zyls Pas en Marienfluss (sien meegaande foto’s) op sy Facebook-blad laai, met sy laaste plasing op 8 Februarie. Alle pogings om daarna weer met hom kontak te maak, was onsuksesvol en was dit nie vir sy satellietsender nie, sou mens maklik bekommerd kon raak.

Soos met sy vorige staptogte sal Dave se hooffokus weer bewusmaking teen stropery wees. Dit is ook vir hom ‘n persoonlike uitdaging. Dave het vir jare aan ‘n baie pynlike siekte gely wat sy rug aangetas het. Dit was so erg dat hy baie sterk pynstillers moes drink om net deur die dag te kom. Hy het toe vir homself belowe dat as hy sou herstel, wat hy wel het, hy graag deur Suid-Afrika (ook die res van Afrika) sou wou stap om ‘n pynvrye lewe te vier. Lesers kan sy vorder volg op sy Facebook-blad, Dave van Graan, of om hom op die Internet-skakel https://eur-share.inreach.garmin.com/davewalkabout te volg.

 

News - Date: 13 February 2020

Recent Articles

Search for a story:

 

Volgens Dave was Van Zyls Pas sekerlik sy grootste uitdaging gewees. Dat dit nie ‘n maklike stap is nie, is seker uit hierdie foto wat hy in die pas geneem het. Dave moes ook sy Bart Mobile spesiaal aanpas om voorsiening te maak vir die klipperige aard van die terrein. Foto: Dave van Graan.

“My kamp in die Marienfluss. Beeldskone area maar moeilik om deur die dik sand te loop,” het Dave se Facebook-inskrywing by hierdie foto gelees. Foto: Dave van Graan.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: