ADVERTISEMENT:

 

Heelwat van die lede van Ons Tuiste se bestuur was ook teenwoordig by Sondag se geselligheid. Agter, v.l.n.r. staan Ds. Jan Pretorius, Kittie de Bruin, Johan Lordan, Elise Eloff en Alida Jongbloed (voorsitter). Voor staan Anna Lordan.

Kittie de Bruin vier 30 jaar by Ons Tuiste

 

Kittie de Bruin, bestuurder by Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt, is Sondag tydens ‘n middagete-funksie bedank en geprys vir haar 30 jaar van diens in die gemeenskap.

Sy het op 23 Maart 1990 by die ouetehuis begin werk, destyds onder leiding van matrone Elize Cilliers. In ‘n brief van matrone Cilliers wat Sondag voorgelees is, beskryf sy die impak wat Kittie de Bruin op die ouetehuis gehad het en steeds het.

“Vir my as destydse matrone wat in daardie stadium die taak van oorhoofse bestuur van Ons Tuiste gehad het, was dit van dag een af duidelik dat Kittie met al haar talente, kwaliteite, kennis van finansiële bestuur en ‘n positiewe en leerbare gees beslis die regte persoon op die regte tyd was,” skryf sy.

“Haar insig, lojaliteit, vlytigheid en honderd persent toewyding aan haar taak het grootliks bygedra tot die daarstelling van meer effektiewe finansiële bestuurstelsels, wat binne afsienbare tyd vrugte afgewerp het, soos die opbou van ‘n aansienlike finansiële surplus waaruit noodsaaklike onderhoudswerk en verbeterings befonds kon word.”

Mnr. Kobus Lubbe het Kittie namens die inwoners bedank en haar geprys vir haar toegewydheid. “Sy is hier vroegoggend tot laataand, party Saterdae en soms Sondae ook,” het hy gesê.

“Sy is saam met ons in dieselfde bootjie na ‘Kammaland’. Dit is ons as inwoners se laaste lewensvaart. Sy laai ons af wanneer ons ons ‘Kammaland’ bereik en laai weer ander op. Sy is die Kaptein van ons bootjie en God is haar Kompas.  Sy stuur ons bootjie deur storms asook kalm waters.  Nog nooit het ons bootjie op die rotse geloop nie,” het hy gesê.

 

News - Date: 29 March 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: