ADVERTISEMENT:

 

Ook merkbaar stiller was die normaalweg woelige taxistaanplek in Burgerstraat. n Paar taxi's om mense wat werksaam is in die “noodsaaklike” bedrywe aan te ry was te sien, maar geen busse was êrens te bespeur nie, in lyn met die bepalings van die algehele inperking.

Besighede steeds oop, maar slegs vir noodsaaklikhede

 

Verskeie van Louis Trichardt se besighede is oop gedurende die 21-dae inperkingsperiode. Dié besighede verskaf noodsaaklike items soos voedsel of brandstof, terwyl ander weer belangrike ondersteunende dienste verskaf.

Om ‘n volledige lys saam te stel van besighede wat oop is, was bitter moeilik, grootliks omdat min besighede tyd gehad het om voor te berei vir die inperkingsperiode. Tot en met Donderdag was dit ook feitlik onmoontlik om te registreer as noodsaaklike diens omdat die regering se webtuiste wat dit moes hanteer nie die toename in verkeer kon hanteer nie. Sonder die nodige permit mag die besighede nie oopbly nie.

Wat die supermarkte betref, was al die name soos Spar, Checkers en Pick n Pay almal Vrydag oop. Die produkte wat verkoop mag word, sluit voedsel en skoonmaakmiddels in. Selfs hondekos kan gekoop word, maar geen luukse items nie. Geen hardeware-items mag ook verkoop word nie. Verskeie van die besighede wat hul toespits op groothandel, was ook oop. Dit sluit Premjee’s Wholesalers en Soutpansberg Koelkamers in. Die produkte wat verkoop word, moet egter voldoen aan die vereistes vir essensiële items.

Besighede soos Fruit & Veg City maak steeds soos gewoonlik reeds om 07:30 in die oggende oop en doen besigheid tot 18:00 gedurende weeksdae. Saterdae maak hulle 17:00 toe en Sondae is die besigheid van 07:30 tot 13:00 oop. Ander besighede, soos die Pick ‘n Pay Express-winkel by die BP vulstasie, is 24 uur per dag oop, maar ook net vir gespesifiseerde items.

Dit is egter nie net die supermarkte wat oopbly nie. Van die diensverskaffers soos elektrisiëns en loodgieters is steeds beskikbaar vir noodsituasies. Volgens mnr. Cois Pretorius van Cois Elektries word hulle as noodsaaklike diens geag en sal uitgaan waar daar ernstige probleme is. Hul prioriteit is kliënte wat ook noodsaaklike dienste verrig, sodat hulle kan help sorg dat dié besighede se dienste nie onderbreek word nie.

Pretorius het beklemtoon dat hulle gedurende dié periode nie werk sal doen soos onderhoud of inspeksies nie. Werk by byvoorbeeld bouprojekte word gestaak. Ook net sekere noodsaaklike personeellede sal werk.

Selfs besighede soos Pest Control, wat onder meer plaagbeheer doen, sluit ook nie heeltemal vir die periode nie. Van hul kliënte is in die noodsaaklike voedselbedryf en dit is dus nodig om uit te gaan en seker te maak dat dié besighede voldoen aan al die wetlike gesondheidsvereistes.

Die besighede wat dienste lewer het ook gemeld dat alles moontlik gedoen word om die veiligheid van hul werknemers te verseker, asook die veiligheid van die kliënte en lede van die publiek. Volgens Pretorius word hul werkers voorsien van maskers en seep en aangesê om gereeld hul hande te was. Die werkers het ook opdrag om ‘n afstand te handhaaf tussen mense en nie met die hand te groet nie.

Besighede wat nie hul deure oophou nie, sluit kitskos-verskaffers soos KFC en Roman’s Pizza in. “Ons het geen inkomste vir 21 dae nie en ons mense kry die swaarste. Ons het reeds die proses begin vir hul UIF, wat ons hoop ons gaan kry. Maar ons staan sterk en sal dit oorleef. Aan al ons mede-restauranteienaars en elke besigheid wat moes sluit, baie, baie sterkte. Ons bid vir vinnige verby gaan,” het Christel en Corné Smith van Roman’s Pizza gesê.

Die gasvryheidsbedryf word hard getref deur die inperkingsperiode en alle restaurante, hotelle en gastehuise is gesluit. Selfs die bekende Khoroni Hotel in Thohoyandou het aangekondig dat hul deure vir die tydperk gesluit is.

Ander bedrywe soos regsfirmas en versekeraars is oor die algemeen gesluit en doen sake vanuit hul huise. Van die regsfirmas het egter aansoek gedoen om as noodsaaklike diens geag te word, wat beteken hul kan uitgaan indien nodig om byvoorbeeld ‘n kliënt in ‘n hof te verteenwoordig.

Vir inwoners wat bekommerd is oor die welsyn van hulle diere is die goeie nuus dat die veeartse van Bloubergkliniek ook beskikbaar is indien daar ‘n noodgeval voorkom. Ander aktiwiteite soos sterilisasies en die bad en skeer van honde sal egter nie in dié tyd gedoen word nie.

(Plaaslike besighede is welkom om hul inligting deur te stuur sodat die Zoutpansberger ‘n lys kan probeer saamstel. Stuur inligting deur na [email protected])

 

News - Date: 27 March 2020

Recent Articles

Search for a story:

 

Louis Trichardt was vroeg Vrydagoggend nie regtig is spookdorp gewees nie, met hier en daar winkels wat noodsaaklike dienste verskaf wat oop was. Die strate was egter merkbaar stiller, soos hier in Songozwistraat gesien kan word.

 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: