ADVERTISEMENT:

 

Generic image.

Egpaar oorleef plaasaanval in Legkraal-omgewing

 

Die vinnige optrede van lede van die landelike veiligheidstrukture het vanoggend daartoe gelei dat drie mans wat verbind word met ‘n plaasaanval in die Legkraal-omgewing slegs ure ná die aanval aangekeer kon word.

Volgens beskikbare inligting is die boer en sy vrou van die Legkraal-omgewing omstreeks 01:30 vanoggend deur drie mans oorval. Die plaasboer is ernstig aangerand, terwyl sy vrou in die been gewond is. Die aanvallers het onder meer met die egpaar se bakkie, ‘n jaggeweer en televisie gevlug.

‘n Noodroep is kort ná die voorval op die radio ontvang en lede van die plaaslike veiligheidstrukture, insluitend die Legkraal Plaaswag, is na die toneel ontplooi. Beide die man en vrou is in die hospitaal opgeneem, met die man wat blykbaar in ‘n ernstige toestand was.

Die aanvallers is blykbaar omstreeks 06:30 in Polokwane aangekeer, danksy ‘n netwerk van samewerking tussen verskillende veiligheidstrukture, sekuriteitsmaatskappye en die polisie. Die egpaar se bakkie is in die proses teruggevind.

Meer oor die aanval sal in hierdie week se Zoutpansberger verskyn.

 

News - Date: 05 August 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: