ADVERTISEMENT:

 

‘n Geskatte 30 000 plus motorfietsryers het Saterdag aan die Bikers Unite Against Farm Murders & Racism optog deelgeneem. Foto verskaf.

Motorfietsryers verenig teen plaasaanvalle en rassisme

 

‘n Baie sterk boodskap is Saterdag (29 Augustus) aan die owerhede gestuur om ‘n einde te bring aan plaasmoorde en rassisme in Suid-Afrika toe derduisende motorfietsryers van regoor Suid-Afrika opgeruk het na die Uniegebou in Pretoria as deel van die Bikers Unite Against Farm Murders & Racism optog.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se jongste misdaadstatistiek het 49 plaasmoorde gedurende 2019/2020 in Suid-Afrika plaasgevind. Landbou-organisasies soos Agri SA het egter in ‘n onlangse verklaring ná die wrede plaasmoorde in die Vaalharts-omgewing gesê die statistiek weerspieël nie die gevoel van onveiligheid wat onder die boerderygemeenskap heers nie. “Die vlaag plaasaanvalle en -moorde, en veral die onlangs moorde in die Vaalharts-omgewing, asook die hoë vlakke van eiendomsverwante misdaad, het daartoe gelei dat gemoedere bykans breekpunt bereik het. Dit raak al moeiliker om gemoedere te bestuur en daar moet daarvan kennis geneem word,” het Agri SA gesê.

Louis Trichardt was goed verteenwoordig tydens Saterdag se optog na die Uniegebou, met sowat 20 plaaslike motorfietsryers wat vroeg Saterdagoggend deurgery het. Dit het ingesluit Fanie Geyer, een van Limpopo se organiseerders. “Ons het Saterdag 06:45 hier gery. Toe het ons ‘n groep motorfietsryers in Polokwane bymekaar gekry wat vanaf Tzaneen, Phalaborwa, Gravelotte, Hoedspruit, daardie area, gekom het. Vandaar het ons die hoofstroom ingery. Soos wat ons op die N1 suid gery het, het ons meer en meer motorfietsryers van Mokopane, Mookgopong, Modimolle, Kranskop en Bela-Bela bygekry,” het Fanie gesê.

Die skouspel van derduisende motorfietsryers wat in formasie saam ry, was ‘n belewenis vir almal gewees. ‘n Geskatte 30 000 plus motorfietsryers het aan die optog deelgeneem. “Daar was baie motorfietsryer gewees. Jy kon hulle nie tel nie, want hulle het net aangehou om in te kom van regoor die land,” het Fanie gesê. Hy het egter bygevoeg dat die Metro Polisie en Suid-Afrikaanse Polisiediens nie gewillig was om hulle te help met verkeersregulering nie. “Ons moes self plan maak en het OUTsurance genader om 80 punt beamptes aan ons teen 'n aansienlike bedrag te voorsien,” het Fanie gesê.

Die motorfietsryers het deurlopend ‘n 50 km sirkelroete gery omdat hulle nie toegelaat is om te stop nie. Om presies 12:00 het almal egter gestop, op hul knieë gegaan en gebid. Dit opsigself was iets om te aanskou, hoe duisende motorfietsryers saam bid.

‘n Memorandum is ook by die Uniegebou se hek deur pastoor TJ Maree aan die regering oorhandig. Aanvanklik is gehoop om die memorandum persoonlik aan President Cyril Ramaphosa te oorhandig, maar hy het egter ‘n verteenwoordiger van sy kantoor gestuur.

Ook daar tydens die oorhandiging van die memorandum was verteenwoordigers van die Khoisan nasie. Hulle bly nou alreeds vir meer as ‘n jaar op die Uniegebou se grasperk in ‘n poging om erkenning te kry as een van die lands se kleinere bevolkingsgroepe, asook die eerste nie-wit nasie in Suid-Afrika. Hulle het besluit om daar te bly totdat President Ramaphosa hulle kom sien. Een van hulle het selfs ‘n roos geplaas saam met honderde ander motorfietsryers wat rose en wit kruise by die Uniegebou geplaas het ter nagedagtenis aan die mense wat in plaasmoorde gesterf het. “Ná die oorhandiging van die memorandum het ons vreedsaam verdaag,” het Fanie gesê.

 

News - Date: 03 September 2020

Recent Articles

Search for a story:

 

Fanie Geyer van Louis Trichardt, een van Limpopo se organiseerders, en sy vrou Renthea, afgeneem tydens die optog. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: