ADVERTISEMENT:

 

Wyle Letisha Venter (50). Foto verskaf.

Familie en vriende neem hartseer afskeid van Letisha

 

Familie en vriende het die afgelope week met hartseer afskeid geneem van die 50-jarige Letisha Elizabeth Venter. Sy is Saterdagmiddag, 10 Oktober, by haar huis in Louis Trichardt aan nierversaking oorlede waar haar familie haar in haar laaste oomblikke bygestaan het.

Letisha het op Mopane grootgeword, nadat haar ouers daarheen verhuis het. Sy het ook haar laerskoolloopbaan by Mopane Laerskool voltooi, waarna sy in 1987 aan Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer het.

Ná skool het sy vir Binnelandse Sake in Pretoria gaan werk. Dit is ook hier waar sy haar man, Johan Venter, ontmoet het.

Letisha en Johan het in die vroeë 1990’s na Louis Trichardt teruggekeer, waar sy en Johan op 25 Januarie 1995 getroud is. Johan was veral bekend in die plaaslike meubelhandel, terwyl Letisha onder meer onderbestuurder was van die plaaslike Edgars-tak en later bestuurder van die plaaslike Foschini-tak. Sy het ook in ‘n stadium haar eie besigheid, Tasty Snacks, vir lank suksesvol bedryf.  

In die laat 1990’s het Letisha en Johan eers na Tzaneen verhuis en toe in 2004 na Welkom. Sy het egter in 2015 ná Johan se dood na Louis Trichard teruggekeer waar sy haar ma, Lena Otto, versorg het. Letisha se gesondheid het egter self die laaste paar jaar dramaties agteruit gegaan.

‘n Roudiens vir wyle Letisha sal Donderdag, 15 Oktober, om 11:00 (vandag) vanuit die NG Kerk Soutpansberg-gemeente gehou word. Sy word oorleef deur haar ma Lena en broers en suster Rudi, Pietman, Rika en Ria, asook aangetroude familie.

Die familie het almal bedank vir hulle woorde van vertroosting en ondersteuning in hierdie moeilike tyd.

Persone wat nie die diens kan bywoon nie, kan om 11:00 op die volgende You-Tube skakel klik om die diens te volg: https://youtu.be/zOe_fUl5WD0

 

News - Date: 15 October 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: