ADVERTISEMENT:

 

Een van die streek se meer volop en baie giftige slange is die bekende swart mamba. Hierdie aggressiewe kêrel is een van die slange wat onlangs deur plaaslike slangkenner en -vanger Jan “Slang” van Rooyen suksesvol gevang en na veiligheid geneem is. Foto verskaf.

Te midde van hitte, wees versigtig vir slange

 

‘n Mens kan sekerlik nou met redelike veiligheid sê dat die winter uiteindelik verby is, met die somer wat sy aankoms met ‘n paar uiters warm dae aangekondig het. Nou is egter die tyd om op die uitkyk te wees vir slange – iets waaraan die Soutpansberg geen tekort het nie.

Plaaslike slangkenner en -vanger Jan “Slang” van Rooyen het Woensdag weereens inwoners gemaan dat, vanweë die lekker reën en hoë temperature die afgelope tyd, slange weer aan die beweeg is, nie net op soek na kos nie, maar ook vir skuiling teen die ergste hitte van die dag. “Slange is koudbloedig en kan nie hulle liggaamstemperatuur reguleer soos warmbloedige diere nie, daarom sal reptiele skuiling soek van die hitte of in warm plekke as dit koud is,” het Jan gesê.

Om kontak met slange te vermy, het Jan mense aangeraai om hulle erwe skoon te hou en nie goed teen mure te pak nie. “Dit gee skuilplek, aangesien slange meeste van die tyd teen ‘n muur sal beweeg. Moet ook nie plat goed buite laat rondlê nie. Dit verskaf ook skuiling,” het Jan gesê.

Jan gee verder raad. “Tel ook hondekos- en waterbakke van die vloer af op as dit buite staan. Dit bied kos vir muise en rotte, wat op hul beurt weer slange  lok.” Hy het ook mense aangeraai om hul honde weg te hou van slange wanneer hulle teëgekom word. “Honde sal slange aanval, maar die ontmoeting kan noodlottig wees vir die hond as die slang raak pik. Skakel eerder asseblief ‘n slangkenner of -vanger om die slang te verwyder en sodoende onnodige hartseer te vermy,” het Jan gesê.

Jan se belangrikste pleidooi bly egter dat mense nie slange voor die voet moet doodmaak nie. “Slange sal altyd probeer wegkom, mits iemand die reptiel doelbewus probeer vaskeer. Die meeste ernstige byte gebeur wanneer mense slange probeer doodmaak. Gaan vra maar vir enige dokter wat dit kos om ‘n slangbyt te behandel. Dit is duisende rande en kan tot ver oor die half miljoen rand strek. Moet dus asseblief nie die kans vat nie! Los dit vir mense wat weet hoe om almal veilig te hou,” het Jan gesê.

Jan is deel van ‘n paar plaaslike slangvangers wat probleemreptiele by mense kom verwyder. Daar is egter altyd koste verbonde daaraan om ‘n toneel te besoek. Derhalwe word enige bydraes waardeer wanneer hulle wel ‘n slang kom vang. Vir die verwydering van probleemslange skakel Jan by tel. 067 835 0816, Frikkie Venter by 082 058 7601 of Johan Steyn by 079 506 7559.

 

News - Date: 22 October 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: