ADVERTISEMENT:

 

Wyle Matilda Craig (65). Foto verskaf.

Beminde suster Matilda oorlede

 

Die Soutpansberg is voorwaar armer daaraan toe met die nuus van die skielik dood van die welbekende en beminde suster Matilda Craig van Louis Trichardt.

Matilda is op 16 Maart in Die Wilgers Hospitaal in Pretoria oorlede as gevolg van komplikasie weens pankreaskanker – ‘n siekte waarmee sy slegs twee weke vantevore gediagnoseer is. Haar skielike dood het vir almal as groot skok gekom. Sy was 65 jaar oud gewees.

In lewe was Matilda welbekend in gesondheidgeledere, veral vir haar jarelange verbintenis met die plaaslike munisipaliteit se departement van gesondheid en kliniek. ‘n Meer volledige berig oor haar lewe sal later verskyn.

‘n Roudiens vir Matilda word op 12 April om 09:00 vanuit die Agapé-gemeente op Louis Trichardt gehou. Weens Covid-19 regulasies het die familie persone versoek om voor die tyd te registreer indien hulle die diens wil bywoon. Meer inligting oor hoe om te registreer sal nader aan die tyd op sosiale media bekend gemaak word. ‘n Skakel sal ook beskikbaar gemaak word waar belangstellendes die diens kan kyk via die Internet.

Wyle Matilda word oorleef deur haar man David, kinders Jeanette, Liezl en Niel, ma Bettie de Villiers, susters Elbi, Wilma en Nellie, twee kleinkinders en aangetroude familie. “Sy het so uitgesien om die lewe te geniet ná haar aftrede verlede jaar,” het Jeanette gesê.

 

News - Date: 26 March 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: