ADVERTISEMENT:

 

Die 34-jarige Nicolien (nooi Nortjé). Foto verskaf.

Jong ma se skielike dood skok familie

 

Die dood van ‘n jong ma van Louis Trichardt verlede Donderdag het ‘n storm op sosiale media ontketen met gerugte dat sy haar eie lewe geneem het nadat welsynsdienste haar jongste dogter van haar af weggeneem het.

Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het by navraag die dood van die 34-jarige Nicolien (nooi Nortjé) bevestig en gesê dat ‘n geregtelike doodsondersoek geloods is.

“RIV liewe Nicolien. Lewe, mense, sisteem het jou gefaal. Jy het vir die maatskaplike werkster gesê jou kinders is jou lewe, jy kan nie sonder hulle …  Nou is jy in ‘n beter plek …  Sonder seer, hartseer, worries, ens. Lekker rus tot Jesus ons almal eendag kom haal,” het ‘n jarelange vriendin en oud-inwoner van Louis Trichardt, Nettie Geerdts, op haar Facebook-blad geskryf. Juis hierdie inskrywing het die herrie ontketen.

Vir haar onmiddellike familie is Nicolien se dood moeilik om te verwerk, veral hier kort voor Kersfees.

“Jy dink jy was minder. Jy dink ons sal jou nie mis nie. As jy maar net weet. As jy maar net wou luister. As ons dit net meer gesê het. Ek is jammer … Ons is lief vir jou en ons sal jou mis. Jy was meer as wat jy gedink het,” het haar suster Madelyn Botha op haar Facebook-blad geskryf.

“Sy was ‘n lieflike sagte persoon en het altyd omgegee oor haar kinders. Sy het altyd ander gehelp as sy kon.” So het haar ander suster, Priscilla Boshoff, haar sussie opgesom.

“Liewe Nicolien, ons as die familie wil net sê ons is so jammer dat jy ons nou verlaat het. Ons is almal baie lief vir jou en gaan jou baie mis. Sus, rus saggies. Ons sal jou weer eendag sien,” was die afskeidswoorde van haar familie.

Wyle Nicolien sal Donderdag, 23 Desember, tydens ‘n privaatdiens vir familie en vriende op Louis Trichardt begrawe word. Sy word oorleef deur haar ouers, Pieter en Hettie Nortjé, seun Gustave (17) en dogters Leenaan (15) en Chantell (5), en susters Madelyn en Priscilla.

“Ons as Nicolien se familie wil net dankie sê vir almal wat ons gehelp het en ons bygestaan het. Baie dankie ook aan die begrafnisondernemer wat ons help,” het die familie gesê.

 

News - Date: 23 December 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: