ADVERTISEMENT:

 

Drie mans het Maandag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn in verband met die besit van 'n renosterhoring. Van links na regs is Deon van Deventer, sy broer Nicolas en Onward Muchladngdna.

Lede van beweerde Renoster Mafia in hof

 

Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n renosterhoring probeer verkoop het, het vandag (9 Januarie) in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn.

Nicolas Barend van Deventer (51), sy broer Gideon Gerhardus van Deventer (48) en Onward Muchladngdna (41) het vlugtig verskyn op ‘n klag van die onwettige besit van ‘n renosterhoring. Hulle is nie gevra om te pleit of om ‘n borgaansoek te bring nie en die saak is uitgestel tot 16 Januarie om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek.

Veral die twee Van Deventer-broers  - na wie daar in die nasionale media verwys word as die  Renoster Mafia - se klagstaat mag dalk aangepas word met nog klagte wat verband hou met die onwettige jag op renosters.

Volgens ‘n provinsiale woordvoerder van die polisie, Brig. Motlafela Mojapelo, is die drie mans verlede Vrydag op die Vivo-pad gearresteer. Nicolas en sy broer Gideon is afkomstig van Alldays en Muchladngdna van Zimbabwe.

Volgens Mojapelo het die polisie inligting ontvang dat daar ‘n renosterhoring verkoop gaan word. Hierdie inligting is opgevolg en die drie mans is agtervolg tot naby Alldays. Die drie het snuf in die neus gekry en toe glo die renosterhoring by hul bakkie se venster uitgegooi en probeer wegjaag vir die polisie. Een van die polisie se ondersoekbeamptes het gestop om die horing op te tel. Die polisie kon daarin slaag om die drie op die Vivo-pad (naby Louis Trichardt )van die pad af te dwing en te arresteer.

Volgens Mojapelo word daar ondersoek ingestel om te bepaal of die renosterhoring verband hou met ‘n stroopgeval wat in die Witpoort-area (Ellisras) aangemeld is verlede week. ‘n Renosterkoei en haar kalf is in dié geval geskiet en die horings gestroop.

Lees meer oor dié beweerde Renoster Mafia in 2017 se eerste uitgawe van die Zoutpansberger wat op 13 Januarie sal verskyn.

News in brief - Date: 09 January 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: