ADVERTISEMENT:

 

Afgeneem tydens 'n vorige hofverskyning is, van links na regs, Deon van Deventer, sy broer Nicolaas en Onward Muchagowa. 

Geen borg vir Van Deventer-broers

 

Dit sal nie in die belang van reg en geregtigheid wees om drie mans - wat teregstaan op aanklagte wat met renosterstropery verband hou - vry te laat op borg nie.

So het Landdros Bennie Smith vandag gesê toe hy Deon van Deventer (48), Niklaas van Deventer (51) en Onward Muchagowa (41) se borgaansoek afgekeer het.

Landdros Smith het in sy uitspraak gesê die kanse is te groot dat die Van Deventers weer jag sal maak op renosters as hulle uit die tronk is. Smith het verder ook gesê dat Muchagowa ‘n vlug risiko is en dalk sal probeer terugkeer na sy familie in Zimbabwe.

Die twee broers en Muchagowa word daarvan beskuldig dat hulle onwettig in die besit van ‘n renosterhoring was. Die drie staar ook klagte van die onwettige jag van renosters in die gesig.

Die drie is op 6 Januarie gearresteer nadat hulle na bewering ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hulle bakkie se venster uitgegooi het. Daar word vermoed dat die mans verbind kan word met twee afsonderlike gevalle waar renosters doodgeskiet en gestroop is van hulle horings.

Albei broers is al voorheen skuldig bevind op aanklagte wat verband gehou het met die dood van 11 renosters. Tydens hulle borgaansoek het die Staat Deon se kriminele rekord ingedien as ‘n bewysstuk hoekom daar nie aan hom borg toegestaan moet word nie.

Vanaf 14 Desember 2005 tot en met Mei 2006 het Deon skuldig gepleit op ses aanklagte wat verband gehou het met die dood van 11 renosters. In een geval het hy twee renosterbulle en een –koei naby Mbabane in die Kruger Nasionale Park doodgemaak en hul horings gestroop. Deon is toe gevang en op 29 Mei 2006 op borg van R10 000 vrygelaat. In die daaropvolgende drie maande het Deon skuld erken op ‘n verdere drie aanklagte wat verband gehou het met die dood van nog ses renosters.

Na die uitspraak het al drie die mans die hof verlaat en versoek dat hul prokureurs hulle vergesel na die aanhoudingselle.

Die drie sal nou in aanhouding bly tot dat hulle kriminele verhoor afgehandel is. Al drie sal weer op 10 Julie in die hof moet verskyn, waarna daar na verwagting ‘n verhoor datum gegee sal word.  

News in brief - Date: 02 June 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: