ADVERTISEMENT:

 

Bloedspatsels lê die wêreld vol nadat mnr. Jack Oosthuysen vanoggend wreed deur drie mans in sy huis op 'n kleinhoewe buite Louis Trichardt aangeval is. Foto: Facebook.

Sakeman aangeval op kleinhoewe

 

Die Makhado Polisie het vanoggend bevestig dat die 57-jarige mnr. Jack Oosthuysen Woensdagoggend (16 Augustus) in sy woning op een van die Rondebosch plotte net buite Louis Trichardt aangeval is.

Volgens die plaaslike polisie woordvoerder, konst. Irene Radzilane, is Oosthuysen ongeveer 02:00 in sy bed oorval deur drie onbekende mans. Twee van die rowers was gewapen met messe en die derde met ‘n ysterpyp wat hy gebruik het om Oosthuysen mee aan te rand.

“Die slagoffer [Oosthuysen] is deur een van die rowers aan sy nek gegryp, uit die bed gesleep en met die yster pyp aangerand,” het Radzilane telefonies Woensdagoggend aan die Zoutpansberger bevestig.

Oosthuysen het glo diep snye aan sy regteroogbank en oor sy kop opgedoen. Hy is na die Elim Hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Teen die tyd wat hierdie berig geskryf is, was die polisie nog besig om na die drie verdagtes te soek. ‘n Saak van huisroof is geopen vir ondersoek nadat die rowers ‘n onbekende bedrag kontant en ‘n selfoon gesteel het van Oosthuysen.  

 

Volg die Zoutpansberger om te sien hoe die storie ontvou.

News in brief - Date: 16 August 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: