ADVERTISEMENT:

 

'n Foto van die ongelukstoneel waarin 'n bekende gesin van Louis Trichardt Sondag betrokke was. Foto: Limpopo Polisie Kommunikasie.

Vier lede van familie sterf in ongeluk

 

Vier lede van 'n bekende familie van Louis Trichardt is vanmiddag, 20 Augustus, in 'n gru-ongeluk oorlede. 

Volgens voorlopige inligting het die ongeluk, waarin die Sadie-familie betrokke was, laat Sondagmiddag plaasgevind op die N1 tussen Mookgopong en Mokopane. Die provinsiale polisie het die voorval bevestig en gesê vyf mense is dood in die ongeluk wat ingesluit het Dawie en Elsa Sadie, hulle dogter Franzelle van Biljon en Franzelle se oudste dogtertjie Marizelle (6). 

Franzelle se jongste dogtertjie, Zelmari (4), is in 'n kritieke toestand na Polokwane verwoer waar sy behandeling ontvang. 

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt.-kol. Moatshe Ngoepe was die Sadies betrokke in 'n tromp-op botsing met 'n ander voertuig. Tydens die skryf van hierdie berig was die presiese oorsaak van die ongeluk egter nog nie bekend nie. Ngoepe het bevestig dat die bestuurder van die tweede voertuig ook dood is in die botsing.

Volg die Zoutpansberger vir verdere inligting oor die ongeluk.

News in brief - Date: 20 August 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: