ADVERTISEMENT:

 

Zelmari van Biljon (4). Foto: Facebook.

Zelmari buite gevaar

 

Zelmari van Biljon (4) is tans buite gevaar waar sy aansterk in die MediClinic in Polokwane.

Zelmari was die enigste een wat die gru-ongeluk oorleef het wat Sondagmiddag die lewe geneem het van haar ma, Franzelle (33), sussie Marizelle (6) en oupa en ouma Dawie en Elsa Sadie. Hulle is dood toe die Volkswagen Jetta waarin hulle op reis was tromp-op met ‘n Landrover Discovery gebots het op die N1-snelweg tussen Mookgophong en Mokopane.

Provinsiale polisiewoordvoerder lt.kol. Moatshe Ngoepe het gesê die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk. Hy het ook bevestig dat die bestuurder en ‘n passasier van die Landrover in die ongeluk dood is. Teen Maandag kon die polisie nog nie die identiteit van die oorledenes in die Landrover bekend maak nie.

Zelmari is kort na die ongeluk na die Voortrekker Hospitaal vervoer in Mokopane, vanwaar sy Sondagaand oorgeplaas is na die MediClinic in Polokwane.

Die Zoutpansberger het Maandagoggend met 'n tannie van Zelmari, mev. Madelein Sadie, gesels. Madelein het bevestig dat Zelmari se linkerarm- en been gebreek is en dat sy vanmiddag ‘n operasie sal ondergaan om die skade te herstel. “Sy is vir die oomblik buite gevaar,” het Madelein telefonies gesê. Sy het verder bygevoeg dat die familie later met die media sal praat, sodra hulle kans gehad het om al die nodige reëlings af te handel.

News in brief - Date: 21 August 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: