ADVERTISEMENT:

 

Vyf verdagtes steeds soek

 

Die Makhado Polisie is nog steeds op soek na die vyf verdagtes wat verlede week ontsnap het na ‘n wilde jaagtog op die Levubu-pad.

Polisie het verlede Vrydag (15 September) gereageer op inligting dat die vyf verdagtes glo beplan het om ‘n besigheid in Nzhelele te gaan beroof.  ‘n Lokvol is vir die mans gestel en hulle is ingewag in Louis Trichardt.

Volgens berigte het die rowers, wat gereis het in ‘n silwer Toyota Corolla, Louis Trichardt binne gekom vanaf Polokwane se kant. Hulle het egter die polisie gewaar en teen ’n hoë spoed weggejaag.

Die mans het weggejaag op die Levubu-pad. In hul haas om ’n arrestasie te ontduik het die rowers toe besluit om ’n vragmotor links, op die skouer van die pad, verby te steek. Hierdie besluit het die rowers duur te staan gekom toe hulle die vragmotor se kajuit op sy linkerkant gestamp het.

Die rowers het per voet deur ‘n naburige plaas gevlug.

‘n Polisie helikopter is saam met die polisie se K9-eenheid ontplooi om te help in die soektog.  

Makhado Polisiestasie se woordvoerder, konst. Irene Radzilani, het Maandag (18 September) bevestig dat al vyf die verdagtes nog steeds voortvlugtig is.

News in brief - Date: 18 September 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: