ADVERTISEMENT:

 

Generiese foto. 

Pasop vir die krokodille

 

Hengelaars, swemmers en besoekers aan die Albasini Dam word gemaan om versigtig te wees die volgende keer wat hulle by dam gaan uitspan.

Die Zoutpansberger het verskeie klagtes ontvang dat mense steeds in die dam swem, ten spyte van waarskuwings dat daar krokodille in die dam is. Daar is ook seekoeie van tyd-tot-tyd in die dam, soos tans die geval is.

Een inwoner (wat anoniem wil bly) het Dinsdag aan die Zoutpansberger vertel hoe ‘n krokodil van oor die 3 meter hom Saterdag op sy boot kom besoek het. “Ek het uit die hoek van my oog gesien hoe hy skuins langs die boot uitkom. Dit is die eerste keer dat ek sien ‘n krokodil is so waaghalsig om tot by die boot te kom. Ek het hom met my visstok verwilder,” het die inwoner gesê.

Die Zoutpansberger wil graag by ons lesers hoor van hul “ontmoetings” met krokodille by die Albasinidam. Foto’s en beskrywings vanwaar die krokodille gesien is en hoe groot hulle omtrent is, is ook welkom. Weet iemand wat die amptelike krokodil populasie in die Albasinidam is? Laat van jou hoor hier op Facebook of stuur ‘n e-pos aan [email protected] of ‘n WhatsApp-boodskap na tel. 073 349 1587.

News in brief - Date: 05 December 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: