ADVERTISEMENT:

 

Heidi-Lene ontslaan uit intensief

 

Heidi-Lene Jonck (23) is die afgelope naweek ontslaan vanuit die intensiewe sorgeenheid na die hoësorgeenheid van die Polokwane Provinsiale Hospitaal.

Dit beteken dat sy in so ‘n mate herstel het dat sy nie pal ‘n verpleegster nodig het om na haar om te sien nie.

Die Zoutpansberger het vroeër berig dat Heidi-Lene op Sondag, 11 Maart, saam met vriende by die Albasinidam baljaar en op ‘n binneband gery wat agter ‘n boot gesleep is op die dam. Van die vriende het op ‘n stilstaande boot op die dam ontspan, terwyl ‘n tweede boot die binneband getrek het. Heidi-Lene is, toe die boot skerp weggedraai het, teen die agterkant van die stilstaande boot geslinger.

Met die slag is Heidi-Lene se linker femur gebreek. Dié is intussen geopereer en met ‘n pen geheg. Heidi-Lene se dokters wou eers wag totdat sy nie meer onder verdowing is nie voordat hulle aan haar opereer, maar moes inderhaas die femur heg omdat Heidi-Lene te veel bloed verloor het.

Heidi-Lene was vir amper meer as ‘n maand bewusteloos gewees en is met ‘n ventilasiebuis van suurstof verskaf, omdat sy gesukkel het met asemhaling. Dié buis is ook intussen verwyder en Heidi-Lene haal nou met behulp van ‘n masker asem.  

Sy het ook Saterdag al ‘n paar woordjies kon uitkry, maar nie te veel nie omdat haar keel nog baie seer was van die suurstofbuis.

News in brief - Date: 16 April 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: