ADVERTISEMENT:

 

Die Suider Afrikaanse Luislang, wat ook volop is in die Soutpansberg, word geklassifiseer as Suid-Afrika se grootste gevaarlike slang vir mense. Foto: Jan van Rooyen.

Hy is groot, gevaarlik en nie jou speelmaat nie

 

In hierdie week se slangrubriek word daar gekyk na die grootste nie-giftige slang in Suid-Afrika wat steeds as die gevaarlikste vir mense geklassifiseer word, die Suider Afrikaanse Luislang (python natalensis).

“Die rede hiervoor is dat die slang ‘n lengte van tot 5.5 meter en selfs langer kan word en daarom kan hierdie kragtige slang ‘n mens dooddruk en versmoor, asook ‘n baie ernstige byt gee. Alhoewel hulle nie giftande het nie, kan ‘n byt van ‘n groot slang erger wees as dié van ‘n groot hond. Gelukkig sien die luislang NIE mense as prooi nie en is sterftes van hierdie slang baie skaars,” het plaaslike slangkenner en -vanger Jan “Slang” van Rooyen gesê.

Die luislang is ‘n lokval-roofdier. “Hulle maak op hulle kamoeflering staat om hul prooi te vang en dan dood te druk deur hulle te versmoor, en nie bene te breek soos baie mense dink nie,” het Jan gesê.

Luislange is ewe tuis in die water en bome as op die grond. Hulle het hittegevoelige sensors op hulle bokaak wat hulle help om selfs in die donker hulle prooi te kan uitken. “Hierdie slange oorleef op klein soogdiere soos rotte en muise tot groot diere soos rooibokke. Selfs krokodille vorm deel van hul dieet,” het Jan gesê.

‘n Luislang het ‘n gemiddelde lengte van ongeveer 4,5 tot 5 meter, alhoewel hulle tot by die 6-meter merk kan draai. Volwasse slange is gebiedsgebonde en sal nooit te ver van hul skuiling af weg beweeg nie. “Wanneer jy op ‘n luislang afkom, moenie hom benader nie. Hierdie slange is uiters vinnig en kan ‘n baie lelike byt toedien. Los hom maar net waar hy is en loop eerder anderpad,” het Jan gesê.

Jan het inwoners uitgenooi om hom te skakel by tel. 081 217 9213 vir meer inligting oor die luislang. Indien iemand ‘n probleem ondervind met ‘n slang op hul erf of in hul huis, kan Jan ook geskakel word; so ook Frikkie Venter by tel. 082 058 7601. “Ons kan ook gekontak word ten opsigte van slangbyte,” het Jan gesê. Hy het weer inwoners versoek om nie sommer net slange voor die voet dood te maak nie, maar eerder om hulle uit te los of iemand te skakel om die slang te kom verwyder.

 

News in brief - Date: 17 December 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Alhoewel luislange nie giftande het nie, kan ‘n byt van ‘n groot slang erger wees as dié van ‘n groot hond. Foto verskaf.

 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: