ADVERTISEMENT:

 

Die Kortsnoet Grasslang. Foto: Theunis Victor.

Hierdie vinnige slang kom selde in huise voor

 

Die Kortsnoet Grasslang (Psammophis brevirostris) is hierdie week die onderwerp van die Zoutpansberger se gereelde berig oor slange van die Soutpansberg.

“Hierdie dag slang is ‘n baie vinnige slang en word dikwels aangetref in die veld as mense loop. Hulle is nie baie algemeen in die dorp nie, maar word soms in tuine en oop erwe gesien,” het slangkenner en -vanger Jan “Slang” van Rooyen gesê.

Volgens Jan word hierdie slange nie baie groot nie en wissel in lengte van omtrent 60 cm tot selfs ‘n meter. “Hierdie agtertand slangetjie is semi-giftig, maar die gif het nie regtig ‘n uitwerking op die mens nie. Die kanse dat hy jou sal pik is skraal, tensy jy die slang gaan probeer optel,” het Jan gesê.

Omdat hierdie slange baie vinnig beweeg, het Jan gesê, sal hulle eerder skuiling soek as wat hulle sal rondhang en hoop dat hulle nie gesien word nie. “Die strepe teen die lyf af met ‘n stippellyn teen die ruggraat af maak dit maklik om te identifiseer teenoor die ander slange van die gebied. Hierdie slang maak aktief jag op sy prooi wat akkedissies, klein knaagdiertjies en selfs ander slange insluit,” het Jan gesê.

Jan het ‘n beroep gedoen op inwoners op kennis op te bou oor die streek se slange en nie sommer voor die voet slange dood te maak nie. In meeste gevalle sal slange self probeer wegkom indien hulle mense teëkom.

Vir die verwydering van enige ongewenste slang kan Frikkie Venter geskakel word by tel. 082 058 7601. Vir meer inligting aangaande hierdie slang en ander, kan Jan geskakel word by tel. 081 217 9213.

 

News in brief - Date: 25 March 2019

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: