ADVERTISEMENT:

 

Die 51-jarige Annette Kennealy, wat in Mei verlede jaar op haar plaas vermoor is. Foto verskaf.

Verdagte in Kennealy-moord steeds agter tralies

 

Meer as ‘n jaar ná die moord op bekende menseregte aktivis en kunstenaar Annette Kennealy (51) van Louis Trichardt het haar moordverhoor nog nie begin nie en is die enigste verdagte in die saak steeds in aanhouding.

Kennealy se moord op haar plaas buite Louis Trichardt op 20 Mei verlede jaar het nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd, skokgolwe uitgestuur. Die 41-jarige Kenny Ramantswana, wat vir Kennealy gewerk het, is kort ná haar liggaam op 21 Mei in haar plaashuis gevind is, aangekeer en daarvan beskuldig dat hy Kennealy verwurg en met ‘n hamer doodgeslaan het. Kennealy was in lewe heel uitgesproke rondom plaasmoorde en het gereeld daaroor kommentaar gelewer op sosiale media.

Ramantswana het op 23 Mei die eerste keer in die hof verskyn. Sedertdien het hy verskeie pogings aangewend om borgtog te verkry, sonder enige sukses. Hy het Dinsdag, 7 Julie, weer in die hof op Louis Trichardt aansoek gedoen om borg. Sy borgaansoek op nuwe feite is egter uitgestel tot 14 Julie vanjaar.

Ramantswana is nou al meer as ‘n jaar in aanhouding sonder verhoor aangesien daar nog gewag word vir ‘n opdrag van die Direkteur van Openbare Vervolging. Die saak is blykbaar verder vertraag weens die DNA toeste wat afgehandel moes word.

 

News in brief - Date: 09 July 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: