ADVERTISEMENT:

 

Wyle Stephen (Steve) Kruger (88). Foto verskaf.

Oom Steve Kruger oorlede

 

‘n Oud-inwoner van die dorp, wat op sy tyd ‘n baie ywerige tuinier en ook lid van die plaaslike tennisklub was, oom Stephen (Steve) Kruger (88), is ‘n paar weke gelede oorlede.

Steve Kruger is op 30 April 1932 gebore. Hy was die seun van Willie Kruger, wat as bouer sy merk in Louis Trichardt gelaat het. Oom Willie het onder meer die poskantoor en besigheidsgeboue in Kroghstraat help bou. Steve se ma was Gladys Mary Fogwell, wat onder andere ‘n plaas gehad het te Ledig.

Steve het lank in Pretoria gewoon, waar hy by die destydse Yskor gewerk het. Ná sy aftrede het hy en sy vrou, Lenie, besluit om na Louis Trichardt te trek om nader aan sy pa te woon. Sy pa is egter oorlede kort voordat hulle hierheen verhuis het.

Op Louis Trichardt was hy ‘n ywerige lid van die plaaslike tuinbouklub en sy tuin was ‘n sieraad. Hy was ook betrokke by die tennisklub.

In Oktober 2013 is sy vrou Lenie oorlede en het hy besluit om by sy dogter, Brenda, in die Kaap te gaan woon. “Hy het ‘n baie goeie lewe in die Kaap gehad, maar kon nooit met die Kaapse wind regkom nie,” vertel Brenda. “Dad los ‘n groot leemte in ons lewe hier in die Kaap. Al my kliënte by die naelsalon het altyd ‘n blommetjie uit sy tuin gekry,” voeg sy by.

Wyle oom Steve is op 5 Julie oorlede na ‘n lang stryd teen prostaatkanker.

 

News in brief - Date: 13 August 2020

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: