ADVERTISEMENT:

 

Die hoof van die CVO-skool Zoutpansberg, mnr. Orion Theron (regs), afgeneem saam met mnr. Lawrence Khodobo (links), inspekteur by die Louis Trichardt DBV. Foto verskaf.  

CVO maak DBV se harte warm met skenking

 

Met harte vol dankbaarheid het lede van die Louis Trichardt Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Vrydag, 23 April, by die CVO Zoutpansberg besoek afgelê nadat die skool besluit het om kos en komberse in te samel vir die DBV.

‘n Paar DBV-komiteelede en die vereniging se inspekteur Lawrence Khodobo het die skenking in ontvangs gaan neem. Die skool se besluit om die kos en warm komberse in te samel is geneem met die koue wintermaande wat op pad is in gedagte.

“Ons het werklik nie woorde gehad vir die ongelooflike skenking nie en het letterlik met ‘n bakkievrag vol kos, komberse, speelgoed en selfs beddens daar weggery. Die skenking kom op so ‘n goeie tyd, knap voor die winter, wanneer ons ons diere wil warm hou. Ons wil graag die CVO Zoutpansberg se onderwysers, die studente en hulle ouers uit ons harte uit bedank vir julle oop harte teenoor ons diere. Dit was ‘n voorreg om tyd met die leerders te spandeer. Dankie vir die geleentheid om hulle meer te vertel van wat ons doen en hoe om na hulle troeteldiere om te sien,” het ‘n lid van die DBV, Adri Viviers, gesê.

Quest, Alicia Thomas van die DBV se aanneemhond, het ook tydens die geleentheid leerders vermaak met van sy toertjies en hulle kon ná die tyd ook vir Quest ontmoet en beter leer ken. “Nogmaals dankie aan CVO Zoutpansberg vir die groot verskil wat julle vir ons DBV gemaak het,” het die DBV gesê.

Die CVO Zoutpansberg se Graad RR tot 3-leerders het hul insamelingsprojek opgevolg met ‘n besoek aan die plaaslike DBV op 30 April. Tydens die geleentheid het hulle gehelp om onder meer van die diere se beddegoed en harnasse te was. Die jongspan het ook tyd gekry om bietjie met die katte en honde te speel.   

 

News in brief - Date: 07 May 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: