ADVERTISEMENT:

 

Wyle oom Peet Pretorius (94). 

Ons Tuiste se Oom Peet (94) oorlede

 

Die 94-jarige oom Peet Pretorius van Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt is Saterdag, 17 Julie, rustig in sy slaap oorlede.

Oom Peet en sy eggenoot tannie Nellie (82) het einde verlede jaar hulle 60ste huweliksherdenking in die tehuis gevier. Hy spog met ‘n ryke geskiedenis wat sover terug strek as soldaat in die Tweede Wêredloorlog.

Oom Peet en tannie Nellie is die afgelope twee-en-‘n-half jaar inwoners van Ons Tuiste waar hulle in die siekeboeg was. Die familie het die personeel van Ons Tuiste, Avbob, en die mediese personeel wat die tehuis so getrou bystaan, bedank vir die versorging van oom Peet. “Baie dankie ook aan my ma Nellie wat so mooi al die jare na Pa gekyk het,” het dogter Fransie Daniel gesê.

Wyle oom Peet word oorleef deur sy vrou Nellie, vyf dogters, kleinkinders en agterkleinkinders.   

News in brief - Date: 22 July 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: