ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Fritz Ahrens is verlede week herverkies as voorsitter van die Louis Trichardt Boerevereniging. Foto verskaf.

Nuwe bestuur vir Louis Trichardt Boerevereniging

 

Mnr. Fritz Ahrens is op Woensdag, 13 Oktober, herverkies as voorsitter van die Louis Trichardt Boerevereniging tydens die re-organisasie van die bestuurskomitee.

Wynand Louw (072 488 7814) tree weer op as ondervoorsitter, terwyl Rosetta Otto (083 300 9941) weer in beheer sal staan van die finansies. Ahrens (082 897 0068) sal ook in beheer staan van grondsake, terwyl Riana Otto (084 400 9941) die leisels oorneem by die vereniging se arbeidsake.

Wat plaaslike regering en infrastruktuur betref, sal Brian du Plooy (082 821 0075) aan die stuur van sake staan. Koos Steyn (084 616 2958) is in beheer by omgewingsake, terwyl André Coetzee (083 410 6595) geskakel kan word oor wild en beeste. Derrick Bouwer (072 877 2581) kan rondom aspekte van veiligheid gekontak word, terwyl Stiaan Buitendag (081 899 8617) as jongboere verteenwoordiger sal optree.

Die vereniging het alle landbouers wat by die organisasie wil betrokke raak of meer inligting verlang uitgenooi om die onderskeie kontakpersone hierbo genoem te skakel.

 

News in brief - Date: 21 October 2021

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Email:

ADVERTISEMENT: