ADVERTISEMENT:

 

Fotograaf Sigrid Jefferies is die Zoutpansberger se wenner van hul kalenderfoto-kompetisie vir Julie met hierdie foto van die verlate Bandelierkop-treinstasie op ‘n onweersdag.

Sigrid se foto staan uit as wenner

 

Louis Trichardt fotograaf Sigrid Jefferies se foto van ‘n verlate Bandelierkop-treinstasie met onweerswolke wat onheilspellend in die agtergrond op die horison saampak, is die Zoutpansberger se wenner vir Juliemaand se fotokalenderkompetisie.

Sigrid het die foto op 17 Julie geneem. Sy het die foto geneem met haar Canon EOS 80D met 24-70 mm Tamron lens teen 1/200 van ‘n sekonde op F7.1 op 100 ISO. Haar keuse van onderwerp, beslis iets uniek aan die Soutpansberg, en perfekte tydsberekening het die beoordelaars finaal oorreed. Wat dit betref het die beoordelaars weereens die streeks se fotograwe versoek om te konsentreer op landmerke of natuurtonele wat uniek is aan die omgewing.

Die streek se fotograwe kan vanjaar regdeur die jaar maandeliks vir die koerant se kalenderfotokompetisie inskryf. Fotograwe sal tot en met die laaste week van elke maand hulle foto’s vir daardie maand kan inskryf en ‘n wenfoto sal vir elk van die 12 maande gekies word. ‘n Maksimum van vyf foto’s per fotograaf per maand kan ingestuur word, maar fotograwe kan vir meer as een maand inskryf. NB – Indien jou foto dalk een maand nie gewen het nie, maar jy voel dit is goed genoeg om weer in te skryf, kan dieselfde foto weer vir ‘n volgende maand ingestuur word. Die foto moet egter binne die afgelope 24 maande geneem gewees het en moet die fotograaf se eie werk wees.

‘n Prys van R600 sal vir elke maand se wenfoto betaal word. Elke maand se wenfoto sal in die eerste week van die daaropvolgende maand se Zoutpansberger gepubliseer word. Slegs hoë-resolusie digitale foto’s (verkieslik landskap-formaat) sal aanvaar word. Die foto’s kan in hoë resolusie per e-pos (een vir een, indien nodig) gestuur word, of op CD of geheuestokkie ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Louis Trichardt. Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is. Selfoonfoto’s is ook toelaatbaar indien die foon oor ‘n goeie kamera beskik. Die kompetisie vir Julie het reeds begin.

Die 12 wenfoto’s sal aan die einde van die jaar in ‘n groot-formaat muurkalender vir 2023 saamgevat word. Die kalender sal dan onder meer deur die Zoutpansberger gebruik word vir bemarkingsdoeleindes.

Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure). Hoë-resolusie foto’s kan ook aan hom gestuur word per e-pos na [email protected].

News in brief - Date: 05 August 2022

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: