ADVERTISEMENT:

 

Ari Rantsu.

Dorp se eerstes trek swaar teen Noordelikes

 

Louis Trichardt se rugbymanne het Saterdag harde bene gekou teen hul opponente van Polokwane met Noordelikes 1 wat Louis Trichardt se eerstes ‘n goeie loesing gegee het.

Hierdie twee eerstespanne het die naweek kragte gemeet in die jaarlikse Conway Rugbydag van die Louis Trichardt Rugbyklub. Die wedstryd is op Louis Trichardt se tuisveld beslis. Met die blaas van die eindfluitjie was die telling 30-5 in die guns van Noordelikes.

Louis Trichardt se tweedespan kon egter daarin slaag om die dorp se eer te red van ‘n volslae nederlaag deur Noordelikes se derdespan met 24 punte teenoor 12 te klop.

Die Letaba Rugbyklub het ook Saterdag bietjie spiere gebult ter voorbereiding van die komende seisoen. Hul eerstespan het uitgedraf teen ‘n gedugte tweedespan van Noordelikes, maar daarin geslaag om Noordelikes 29-12 kaf te draf. Letaba se eerstes het op hulle beurt vir Kruinies 38-13 geklop en is beslis ‘n span om dop te hou tydens die opkomende provinsiale Boet Fick-Liga wat eersdaags sal afskop.

Na afloop van die dag het die plaaslike rugbyklub se bestuur die volgende borge bedank vir hulle ondersteuning: Thompson's Motors, Premjee’s, Soutpansberg Spar en Tops Bottle Store,  NTK, Mr Clean Dry Cleaning, Leach Printers en elke ondersteuner wat van die dag ‘n sukses gemaak het. “Dit was ‘n uiters suksesvolle dag en ons nooi graag die publiek uit om ons spanne te kom ondersteun op 17 Maart wanneer ons teen Mokopane se rugbyklub te staan sal kom,” het die bestuur gesê.

Sport - Date: 09 March 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Anton Lombard (regs), wat tydens die jaarlikse Conway Rugbydag uitgedraf het vir Louis Trichardt se eerstespan, maak gereed om die bal te onderskep van Noordelikes 1. Foto: Madelein Nel.

Louis Trichardt se tweedespan het Saterdag, tydens die jaarlikse Conwaydag, te staan gekom teen Noordelikes 3 van Polokwane en hulle teenstanders 24-12 geklop. Foto verskaf.

Ludwig Gossman gee die bal aan vir Louis Trichardt se eerstespan. Foto verskaf.

AC Geldenhuys nael met die bal vir Louis Trichardt se tweedespan. Foto: Madelein Nel.

Saterdag se Conwaydag is voorafgegaan deur Hoërskool Louis Trichardt se proewe vir die O/16-rugbyspanne. Thendo Muloiwa (met die bal) was een van die spelers wat gespeel het vir 'n plek in die span. Foto: Madelein Nel.

Thendo Muloiwa

Lukie Enslin

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: